Tygerburger Durbanville 20180207

Page 1

DURBANVILLE

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

WATERLESS GARDENING ASK US HOW! X1UAD3QW-AL070218

Woensdag, 7 Februarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Shop sale now 4263TM E&OE

Further Reductions

Normally R1299 NOW R799

Footwear and accessories for the urban man. treadandmiller.co.za Products subject to availability. Shop UL554

Cnr. Willie van School & Bill Bezuidenhout Street

Bellville

021 003 2776

Normally R850 NOW R499

Normally R899 NOW R599

Normally R1699 NOW R1099

LUAN GROBBELAAR: TALENTVOLLE 15­JARIGE IN SA SPAN VIR SENIOR STATEBONDSPELE

Soos ’n vis in die water

ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

Luan Grobbelaar van Durban­ ville gee sy swemafrigter, Warren Deyzel, ’n high five tydens ’n oefensessie by die nuwe Curro Aquatic Centre op sy insluiting in die Suid­Afri­ kaanse span, wat van 4 tot 15 April aan die senior State­ bondspele in Australië gaan deelneem. FOTO: COLLEEN JUST

D

ie naam Luan Grobbelaar is beslis ’n naam om te onthou. Dié talentvolle 15-jarige tiener van Durbanville bevind hom saam met Olimpiese swemkampioene soos Chad le Clos en Cameron van der Burgh in die Suid-Afrikaanse span, wat van 4 tot 15 April aan die senior Statebondspele in Australië gaan deelneem. Hy is een van die jongste swemmers nóg wat die prestasie kon behaal en is een van net 23 swemmers landwyd wat daar gaan deelneem. Hy het in Desember tydens proewe in Durban in die 400 m- individuele wisselslag-item gekwalifiseer vir deelname, maar het verlede Dinsdag eers die goeie nuus gehoor dat hy in die span opgeneem is. Volgens sy ma, Louise, het sy op Netwerk24 die nuus gelees toe sy sien mense wens haar geluk. Sy en haar man, Riaan, sou nooit kon raai dat hy net agt jaar ná hy as sesjarige seuntjie met swemlesse begin het – ná hy met sy fiets in die swembad geval het, sy land in dié sportsoort sal verteenwoordig by die Statebondspele nie. “Ek het met my fiets om die swembad gery en my hond het voor my ingehardloop. Ek het uitgeswaai om hom te mis en toe val ek in die swembad. Ek het so vinnig as wat ek kan na die kant geswem in doggy paddle,” vertel Luan. “Ná die voorval het my ma my na Learn to Swim geneem vir swemlessies. Ek het so baie daarvan gehou en so vinnig geleer dat die sweminstrukteur aanbeveel het dat ek by ’n klub aansluit.” Hy het by die Barracudas-swemklub aangesluit en is deur Heinz Dietrich afgerig tot en met graad 7. Sy talent het gou gewys. Skaars ’n jaar nadat hy met swemlesse begin het, het hy met

sy heel eerste skoolgala by die Voorbereidingskool Durbanville die rugslagrekord vir sewejariges verbeter. “Daarvandaan het dit net gegroei,” vertel hy. Op 15 jaar het Luan al 30 Suid-Afrikaanse rekords en vyf Afrika-rekords agter sy naam gehad – onderskeidelik in die ouderdoms-

kategorië vir 10 tot 15 jaar, en 12 tot 16 jaar. Hy is tans ook die houer van 50 Westelike Provinsie-kortbad (25m)-rekords, en 56 WPlangbad (50m)-rekords in die 10 tot 15-ouderdomskategorie. Hy is ook die heersende Suid-Afrikaanse senior kampioen in die 200 m- individuele wisselslag.

In sy jong internasionale swemloopbaan het hy Suid-Afrika by verskeie internasionale kompetisies verteenwoordig, soos Afrika se junior swemkampioenskap, die junior Statebondspele, waar hy algeheel 13de geëindig het, en die Wêreld se junior swemkampioenskap. V Na bladsy 2.

Durbanville M A R K E T SPECIALS Bananas

Pineapples

2 for 2 for 00

R10

Class 1 Medium Potatoes (7kg)

Granoro Imported Pasta (500g)

Grapes

King Prawns (800 grams)

2 packets for

99 99 00 R29 R25 R120 R799 R12 /kg /kg per box per pocket

Mon - Fri: 8 am - 6:30 • Sat: 8 am - 6:00 Sun: 8 am - 1:00pm

1 Scher Street, Behind Palm Grove Centre Tel: 021 976 9250 X1UAEYLH-AL070218


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Durbanville 20180207 by Tygerburger Newspaper - Issuu