TygerBurger Durbanville - 20 May 2020

Page 1

DURBANVILLE

Woensdag, 20 Mei 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

KAAPSTAD-HAWE: MAN VAN DURBANVILLE VAS

R6,5m se dwelms gevind ESMÉ ERASMUS @erasmusesme ’n Man van Durbanville het Maandag vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met ’n vonds van sowat R6,49 miljoen se dwelms in ’n skeepshouer in die Kaapstad-hawe en in sy huis. Hendrick Johannes van Eck (30) is verlede Donderdagmiddag by sy huis in De Villierslaan in Valmarypark deur die Valke in hegtenis geneem ná dwelms gevind is in ’n skeepshouer wat vanuit Europa vir hom bestem was. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat en die saak is tot 2 September vir verdere ondersoek uitgestel. Hierdie keer was dit nie net die lang arm van die gereg nie, maar ook die fyn neus van een van die doeane se snuffelhonde wat die Ecstacy tussen ’n vrag meubels in die skeepshouer in die Kaapstadse hawe uitgeruik het. Altesame R6,3 miljoen se Ecstacy-poeier of metieleendioksiemetamfetamien (MDMA), asook R70 000 se Ecstacy-tablette, is tussen die meubels versteek gevind. Dié vonds het gekom ná ’n gesamentlike intelligensiegedrewe ondersoek deur die Valke se dwelmeenheid, misdaadintelligensie en doeanebeamptes van die SA Inkomstediens, het lt. kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring gesê. Hy het gesê die span het die man se huis in Durbanville deursoek en afgekom op hidroponiese dagga. Beslag is gelê op 1 kg dagga met ’n straatwaarde van R120 000, asook toerusting vir die kweek van hidroponiese dagga. Brig. Mushavhaduvha Ramovha, waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Wes-Kaap, het die span geprys vir die blootlê van die besending dwelms. Ramovha het gesê ’n multidissiplinêre benadering is die enigste manier om dwelmhandel in die Wes-Kaap vas te vat.

Ecstacy-poeier en -tablette is in ’n skeepshouer vol meubels by die Kaapstadse hawe deur ’n hond van doeane (inlas) uitgesnuffel.

HOOR

weer Duidelik

• GEHOORTOETSE • GEHOORAPPARATE • GEHOORBESKERMING • BABA GEHOORSIFTINGSTOETSE • RAYOVAC BATTERYE • GRATIS SKOONMAAK VAN OORSTUKKE/GEHOORAPPARATE • HPCSA GEREGISTREERDE OUDIOLOOG

Afsprake 021- 975 4760 Sonstraal-Hoogte

Oudioloog

Ervaar lewenskwaliteit met die nuutste herlaaibare gehoorapparaattegnologie

Winkel 10 A IPIC Sentrum (Spar) H/V Langeberg Laan en Verdi Boulevard, Sonstraal Hoogte, DURBANVILLE Epos: admin@hearingcentrecapetown.co.za

https://www.facebook.com/HearingCentreCapeTown/


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.