DURBANVILLE
Talitha le Sueur Bsc. Hons. (Stell.)
Registered Audiologist.
Practising at Lompré House Loerie Park • Paul Kruger Rd • Durbanville
• Evaluation of hearing loss for adults and children • Fitting of hearing aids • Variety of styles and makes supplied • Trial period available
B u r g e r
Reg No. AU 0000043
Tel: 021 976 2811
E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 15 Februarie 2012
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) Vertraging gevrees oor regstappe
4 huise kan projek stol ESMÉ ERASMUS
Die behuisingsprojek in Morningstar waarin tussen 130 en 170 huise gebou gaan word, is nou in twee fases verdeel sodat ’n moontlike regsgeding oor vier bestaande huise op die grond, nie die projek sal vertraag nie.
Aiming for the skies Matthew Klose, cheerleader of Fairmont High, is jumping high in the spirit of the interschools athletics against Durbanville and Settlers High last week. The cheerleaders at the back are (from left) Chloe Geldenhuys, Bronwen Pretorious, Nicole Dembitzer with Caleb Nel behind her. Photo: Gwen Rea
Dít is bekend gemaak by ’n vergadering verlede Dinsdag met inwoners van Morningstar om ’n reëlingskomitee te stig. Ses lede van dié gemeenskap is aangewys om op die komitee te dien. Duke Gumede van die Kaapse stadsraad se behuisingsdepartement het gesê danksy ’n voorstel deur Gerhard Fourie, voorsitter van Subraad 7 in Durbanville, is die projek in twee fases verdeel. Die grond is geleë op die hoek van Pikkewynstraat en Langebergweg. Vier huise, wat tans nog bewoon word deur werknemers van die Stad se depotafdeling, is geleë op grond wat as die tweede fase ontwikkel sal word. Die huise word al vir jare deur die Stad se batebestuursdepartement aan die werknemers van die Stad se naasliggende munisipale depot verhuur. Dié werknemers kwalifiseer egter nie vir huise in die Morningstar-behuisingsprojek nie. Daar word gevrees dat as die werknemers nie vrywilliglik die huise ontruim nie, regstappe geneem sal moet word en dit die projek kan vertraag. Gerhard Fourie, voorsitter van Subraad 7, wat ook by die vergadering was, het aan TygerBurger gesê 80 huise sal in die eerste fase gebou word. Die besluit om die erf te onderverdeel is by ’n spesiale vergadering van Subraad 7 verlede Vrydag bekragtig. Daar sal met die bou van infrastruktuur van dié huise van die eerste fase begin word sodra die onderverdeling van
die grond finaal goedgekeur is, het Fourie gesê. Dit sal hopelik teen middel vanjaar reeds geskied, het hy gesê. Die inwoners van die vier huise is reeds kennis gegee. Hulle is spesiale vergunning gegee om die huise teen einde Augustus te ontruim, hoewel hul kontrakte bepaal dat hulle net ’n maand kennis gegee hoef te word. Die ses verkose lede op die reëlingskomitee is Moosa Raise van die Morningstar-belastingsbetalersvereniging, Cornelius (Neels) Christians van die Morningstar-gemeenskapsforum, Marius November, skoolhoof van die Primêre Skool Alpha in Morningstar, asook Martin Lewis, Charlene Baron en Anne Gertse. ’n Verteenwoordiger van die Durbanvillese taxi-vereniging, wat tevore geregistreer het om op die reëlingskomitee te dien, was nie by die vergadering teenwoordig nie. Die doel van die reëlingskomitee is om as skakel tussen die Morningstar-gemeenskap en die stadsraad te dien. Die komitee sal ontbind sodra die laaste huis oorhandig is, het Gumede gesê. Die lede van die reëlingskomitee sal geen vergoeding vir hul werk ontvang nie. Net mense wie se name op die Stad se waglys is, sal kwalifiseer vir ’n huis. Ook net mense wat R3 500 of minder per maand verdien, en nie tevore al ’n huis ontvang het nie, kwalifiseer vir ’n huis. Diegene wat die langste op die waglys is, sal voorkeur geniet. Beulah Theys, administratiewe beampte van die behuisingsdepartement, het by die vergadering gesê voorkeur sal verleen word aan mense in informele nedersettings, mense wat in hokke in ander se agterplase bly, asook mense met spesiale behoeftes, soos gestremdes.