EERSTERIVIER
EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
OPEN 7 DAYS
Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
BUY 2X
JIMMY’S CHIPS
R30
@
Valid from 27th Jan to 28th Feb 2021 X1WHG8J1-AL270121
Woensdag, 27 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
SILVERSANDS: INWONERS HET NOUE ONTKOMINGS
Loop lig vir slange tuis Inwoners van Silversands vermoed hierdie veldjie op die rand van die buurt is die plek waar die slange vandaan kom. FOTO: BRENDEN RUITER
BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
I
nwoners van Silversands moet baie versigtig wees vir slange wat in hul agterplase gaan kuier. Minstens vier gesinne in Silversands het reeds die afgelope week noue ontkomings met slange gehad wat in hul agterplaas en selfs tot in hul huis geseil het. Leonora Ndlotyeni, ’n inwoner van Silversands, sê hulle moes al twee keer die hulp van ’n slangvanger bekom. “’n Bejaarde vrou woon in die wendyhuis in my agterplaas en sy het by twee geleenthe-
de slange agter die laaikas gesien. Sy het natuurlik groot geskrik en die eerste keer het ’n buurman die slang kom doodmaak. “Die volgende keer het ek die slangvanger laat kom. My kleinkinders was histeries en ons is nou baie versigtig,” sê Ndlotyeni. Volgens Ndlotyeni het die tweede slang egter by ’n gat uitgeglip en verdwyn. “Die slangvanger het toe vasgestel dat daar ’n muisnes onder die wendyhuis was. Ek het toe plaagbestryders laat kom om die muise te verwyder,” sê Ndlotyeni. Emma April, ’n inwoner van Silversands, sê dit wil voorkom of die slange van ’n veldjie naby hul huis kom.
WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS
“Ons woon amper op die rand van die veldjie en die laaste ruk word daar baie gewerk. “Daar is ’n sportveld gebou en dit lyk of voorbereidings vir ’n nuwe ontwikkeling ook gedoen word. Ons is van mening dat die slange se habitat versteur is en hulle nou hier in ons rigting koers kies,” sê April. Volgens haar het een van hul bure onlangs ’n geritsel agter kartondose in hul kamer gehoor. “My bure is besig om te verhuis en hul kartondose was reeds gepak. Hulle het gesien die kat is baie aktief in die kamer en het gaan ondersoek instel. Slang se kind was toe lekker knus agter die dose. Jacques Joubert, die slangvanger, is toe ontbied en die
Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.
slang is verwyder,” sê April. Joubert was die afgelope ruk baie besig in die Silversands-omgewing. “Ek is verskeie kere uitgeroep na plekke in Eersterivier en Silversands. Dit is deesdae baie warm en slange soek water en kos. Hulle gaan na huise op soek daarna. Ek wil ’n beroep op huiseienaars doen om nie die slange te nader nie en my eerder te kontak. Om katte aan te hou, is ook ’n goeie idee, want hulle weet hoe om slange weg te hou,” sê Joubert. Mense wat slange by hul huise vind, kan Joubert by 076 703 2824 bel. As jy in Eersterivier-omgewing woon, slaap maar met jou oë oop, want slang se kind is in die rondte.
MINI-MARK TRADING HOURS Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
X1W0EF49-AL290120