Tygerburger Elsiesrivier 30 May 2012

Page 1

ELSIES RIVER

Talk to us for

CASH & CARRY 365 SUPERMARKET

Advice

SHOP 7-12 Cnr. LEAGUE RD. & LENTON DRIVE BISHOP LAVIS (NEAR SHOPRITE AND POST OFFICE) • TEL: 021 934 0888 Stocking the Biggest Range of the Biggest Names !

PROUD STOCKIST of the NEW SEALY BEDDING RANGE ! NOW EXCLUSIVELY AVAILABLE @ YOUR NEAREST TAFELBERG BRANCH ! Bellville 021 944 3330

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 30 Mei 2012

AIRTIME ALSO AVAILABLE

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Gemorsnes skep veiligheidsrisiko’s

Bergies baljaar in ‘hemel’ Bruce Hendry staan by ’n reusegat in die hei­ ning naby Piet Retiefstraat terwyl rommel ver teen die heining af lê. Foto: Marana Brand van Hulsteyn

MARANA BRAND VAN HULSTEYN

As daar ’n hawelose-hemel op aarde bestaan, is dit teen die spoorlyn tussen die Parow- en die Tygerberg-stasies. Daar is ’n lekker breë strook tussen die laaste huise en die spoorreserwe. Hier kan bergies na hartelus hulle sakke vullis kom neersit en uitsorteer: hierdie is herwinbaar en dus verkoopbaar, en daardie los ons sommer net hier. Dan is daar nog ’n groot openbare park reg langsaan aan die kant van

365

Piet Retiefstraat. Hier kan ’n mens ná al die harde werk van uitsorteer, onder ’n boom lê en slaap. As bonus is daar gróót gate in die heining wat die woonbuurtdeel van die treinspoorreserwe skei. Selfs van die pale waaraan die draad geheg is, wat met beton in die grond vas is, is gesteel. ’n Mens kan dus sommer kortpad oor die spoor vat om die woonbuurte aan beide kante van die spoorlyn se vullis te versamel. Die reste kan dan in die spoorreserwe weggegooi word, of in die stormwatersloot wat ook nog tus-

sen die spoorlyn en die heining is. Die brûe oor die stormwatersloot verskaf ook lekker oornagplek. Party haweloses trek sommer daar in en maak vuur onder die brug om die nagkoue te verdryf. Toiletgeriewe is sommer die stormwatersloot – dit dryf minstens stroomaf. Al bogenoemde ontstel natuurlik inwoners wat daar naby woon. Die hoeveelheid gemors is onbeskryfbaar. Daar is veiligheidsrisiko’s, ook vir die kinders wat kortpad vat skool toe deur die stukkende heinings oor die treinspoor. Daar was tot baie onlangs plak-

CASH & CARRY SUPERMARKET

kers wat ordentlike plakkershutte in die spoorreserwe opgeslaan het. Hulle is darem intussen verwyder deur die Stad se eenheid vir ontheemde mense nadat inwoners herhaaldelik by die Stad daaroor gekla het. Een so ’n inwoner is Bruce Hendry wat met die park aan die voorkant van sy huis en die stuk grond teen die spoorlyn aan die sykant bly. Hy kon ’n rits verwysingsnommers gee van hoeveel keer hy al die Stad Kaapstad oor die situasie ingelig het. Hy het ook al die polisie, die metropolisie, Metrorail en Trans-

net by die situasie betrek. Nadat TygerBurger oral begin navraag doen het en Bruce die telefoonlyne bly warm hou het, saam met ander inwoners in die omgewing, patrolleer die polisie en die Metropolisie die gebied nou gereeld, sê Bruce. Haweloses word ook gereeld verwyder. Die Stad Kaapstad het nie veel antwoorde gehad op TygerBurger se lys vrae oor die situasie nie, veral nie hoekom die vullis nie opgeruim word nie. Dit is tog duidelik die Stad se verantwoordelikheid. . Na bladsy 2.

Month End Madness

SALE starts from 30 May - 11 June 2012 or while stocks last

SHOP 7-12 Cnr. LEAGUE RD. & LENTON DRIVE BISHOP LAVIS (NEAR SHOPRITE AND POST OFFICE) • TEL: 021 934 0888

WE ALSO SELL CIGARETTES & AIRTIME @ WHOLESALE PRICES • HAMPERS AVAILABLE INSTORE ELECTRICAL APPLIANCES AVAILABLE INSTORE • MANY MORE - FURNITURE INSTORE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.