TygerBurger Goodwood - 18 December 2019

Page 1

GOODWOOD

The TygerBurger team is taking a break. Our next edition will find its way to your postbox on 15 January 2020. Also look out for a special early edition on 8 January in selected areas.

We wish all our readers a safe festive season.

Woensdag, 18 Desember 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

MOEDIGE OUPA: VOLTOOI SY 250STE PARKRUN

Kanker stuit hom nie NIELEN DE KLERK @nielendk

E

nigeen kan aan die Parkrun-wedlope deelneem. Vra net vir Bertus Byker (68), ’n oupa van drie wat Saterdag sy 250ste een voltooi het. En dit ten spyte van ’n kankerdiagnose. Byker is die eerste persoon wat by hierdie mylpaal by die Bellville-Parkrun behaal het en net een van ’n handjievol wat dit landswyd gedoen het. Oor die wêreld heen neem duisende mense elke Saterdagoggend aan Parkrun-wedlope deel. Dié gratis uitdagings strek oor 5km en lok mense van alle vermoëns. Die eerste Parkrun is einde 2011 in SuidAfrika aangebied nadat dit in 2004 in Londen begin is. Deesdae is meer as 2 miljoen mense wêreldwyd by Parkrun geregistreer. Byker, wat in Goodwood Park bly, se eie liefde vir hierdie konsep het in Desember 2013 begin nadat sy dogter, Carike (31), hom daarvan vertel het. Hy’t aanvanklik saam met haar deelgeneem, maar die gogga het gou gebyt en hy het begin om op sy eie na byeenkomste in verskillende areas te gaan. Hy het selfs die oorspronklike Parkrunroete in Bushy Park, Londen voltooi, toe hy in 2015 daar gekuier het. Byker, ’n oud-ingenieur wat vir die Stad Kaapstad se paaie-departement gewerk het, se aftreejare was op ’n drafstap en positief. In 2018 het alles egter amper ontspoor toe hy met prostaatkanker gediagnoseer is. “Ek het aanvanklik nie besef ek het pros-

taatkanker nie, maar bloedtoetse het dit uitgewys.” Hy moes 35 keer bestraling kry en ook hormoonbehandeling ondergaan. Dié behandeling het hom veral geraak en hy het gewig opgetel, energie verloor en warm gloede gekry. Hy’t egter steeds elke Saterdag gaan draf, hoewel sy tye nie meer so goed gelyk het as voorheen nie. “Ek was bang as ek eers ophou gaan ek nie weer aan die gang kom nie,” vertel hy oor sy besluit om eerder aan te hou hardloop. “En dit was natuurlik lekker.” Mettertyd het sy gesondheid verbeter en hy is nou in remissie, waarvoor hy baie dankbaar is. Deesdae is byna sy hele gesin Parkrun-entoesiaste. Hulle deel ook graag foto’s en statistieke oor WhatsApp met mekaar. Sy seun Rudolf (26) en ander dogter Ingrid Hagg (35) bly in Pretoria en neem daar deel. Selfs sy kleinkinders is ywerige deelnemers. Ingrid en haar man, Frans (39), se kinders, Willem (6), Emily (3) en Bernard (1), neem al deel “sodra hulle in ’n stootwaentjie pas.” Willem het self al 15 wedlope op sy eie voltooi en hy is nog nie eens sewe jaar oud nie. Sy vrou Helmy volg almal se vordering met belangstelling. Byker het nie ’n gunsteling baan nie, vertel hy, maar sê hy sal dikwels ’n roete kies na gelang van waarvoor hy lus is. V Na bladsy 2

Bertus Byker gedurende ’n Parkrun in Langebaan in Augustus.

11 tydskrifte + 35 koerante

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.