TygerBurger Goodwood - 24 July 2019

Page 1

GOODWOOD • Poles, Latte, Droppers • Wendy houses & Cabins • Decking, Balau etc. • Railway sleeper furniture • Timbacore Fencing • Structural Timber etc.

Clai Cl aim m yo your ur

2 0% DIS CO

O UNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply

15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za X1VKXKGW-AL240719

Woensdag, 24 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

HENNIE RADEMEYER: HY HET AS 17-JARIGE BEGIN WERK

Kolonel groet ná 36 jaar diens TARRYN-LEIGH SOLOMONS @tarryns07

N

á 36 jaar se diens in die polisie gaan kol. Hennie Rademeyer op Woensdag 31 Julie die tuig neerlê. Die 60-jarige inwoner van Durbanville, tans verbonde aan die Goodwood-polisie, sê hy het as 17-jarige begin werk. “In 1977 was ek in matriek en die einde van die jaar het ek by die polisie aangesluit. My loopbaan het in JohannesburgSentraal begin en daarna is ek oorgeplaas na Somerset-Wes.” Hy is toe na Stellenbosch, omdat sy ouers daar gewoon het. “Ek het vir sewe jaar die polisiediens verlaat omdat ek onderwys gaan studeer het. Na my studies, het ek by die Laerskool Koos Sadie in Vasco-landgoed met my onderwysloopbaan begin,” sê Rademeyer. Hy sê die ervaring wat hy in die onderwys opgedoen het, het hom gehelp toe hy na die polisiediens terugkeer. Rademeyer sê sy opvoeding het ’n groot invloed in sy loopbaankeuse gehad. “My pa was in die weermag en was ook ’n landdros. My familie was altyd in die militêre polisie en van ons vyf seuns was vier polisiemanne. “Destyds was dit ’n baie groot eer om in die polisie aanvaar te word en om mense te help en te beskerm. Deel van ons leuse in die polisie is om mense te beskerm en te dien,” sê dié pa van twee. Hy het baie gehou van die samewerking met die mense in die gemeenskappe waar hy gedien het en ook met sy mede-

polisielede. “Dit was vir my die lekkerste om ’n verskil in iemand se lewe te kon maak,” sê hy. Hy voeg by dat een mens nie altyd alles kan keer wat gebeur nie, maar die gevoel dat jy kon help, het dit ietwat beter gemaak. “Sedert ek hier by Goodwood gestasioneer was, het ek altyd ’n baie goeie verhouding met die buurtwag van Goodwood, die gemeenskapspolisiëringsforum en die inwoners gehad,” sê hy. “Daar is baie uitdagings as jy in die polisie is, maar dit word van die polisie verwag om altyd beskikbaar te wees. Jy kan nie orals wees nie. Ek het baie kursusse in die polisie gedoen en dit het my baie met bestuursvaardighede geleer. Tesame met my ervaring as onderwyser, het ek geweet hoe om met mense te kommunikeer. In ons werk kan jy nie almal gelukkig hou nie. Daar is altyd twee partye – die een is gelukkig met wat jy doen en die ander een nie. As jy byvoorbeeld die verdagte arresteer, is hy ongelukkig, maar die klaer is gelukkig.” Vanaf Donderdag 1 Augustus gaan hy by die huis wees. Vir die eerste twee weke is sy plan om saam met my vrou, Lourenta, te toer. “Ons is al 33 jaar getroud en sy het my loopbaan baie ondersteun. Ek is baie dankbaar vir my vrou en kinders, Nicole en Gys.” Aan diegene wat by die polisie wil aansluit, sê Rademeyer hulle moenie vergeet waarvandaan hulle kom nie. “Jy moet weet wat jy wil hê en daarvoor gaan.”

Kol. Hennie Rademeyer wou ’n verskil in mense se lewens maak. FOTO: TARRYN-LEIGH SOLOMONS

New Manager-Ravens welcomes all excisting & new clients and will try and accomodate any special request/order through our Meat and Bakery department.

WE ARE ON CAPE CONSUMERS X1VKXM61-AL240719


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Goodwood - 24 July 2019 by Tygerburger Newspaper - Issuu