TygerBurger Goodwood 20170920

Page 1

GOODWOOD

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

SEPTEMBER DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS

Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 20 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

FB­GROEP: OUD­BRANDWEERMAN ‘MAAK VUUR’ OM TE SPAAR

Elke druppel water is hier kosbaar

CARINA ROUX

’n

Afgetrede brandweerman van Goodwood maak deesdae eerder vuur onder Wes-Kapenaars om elke druppel water moontlik te spaar. Deon Smit, wat 33 jaar in die brandweer was, is een van die administrasielede van die Facebook-groep Water Shedding Western Cape, wat al digby 86 000 lede het. Smit sê “die blad wat die Kaap aan die gesels het”, is in Januarie laas jaar deur Andrew Socolic begin met die doel om inwoners van die Wes-Kaap op hoogte te hou van die kwellende watersituasie wat die Kaap beleef. Mense word gevra om hul waterbesparingsidees op die blad met ander te deel. “Met die wenke wat almal gedeel het, het baie inwoners hul waterverbruik afgebring na 6 kl en minder en sodoende duisende liter water gespaar en ook ’n nulbalans-waterrekening van die Stad gekry,” sê Smit. Dit was toe inwoners nog 6 kl water gratis gekry het. Ná daardie vergunning opgeskort is, het inwoners nie ophou spaar nie, vertel Smit. Die administrasielede van die groep het toe besluit om maniere te probeer vind om lede wat moeite doen en in sommige gevalle heelwat geld spandeer, te vergoed en sodoende aan te spoor om nog meer water te bespaar. Smit het verskeie groot watertenkvervaardigers genader. “Roto Tank en Jojo het besluit hulle wil deel van die beloningskema wees en sodoende ook terugploeg in die gemeenskap wat

hulle ondersteun,” sê Smit. Roto het vir ’n tydperk van ses maande elke maand ’n 2 500 l-tenk geskenk. Jojo skenk ook ses 2 500 l-tenks wat dan deur ’n kompetisie op die blad weggegee word. Die eerste maandelikse wenner het twee weke gelede haar tenk ontvang, sê Smit. “Nadat ons begin het met die kompetisies het ons meer belangstelling gekry van mense en maatskappye wat wil deel wees van die projek,” sê hy. Van die skenkings wat gemaak is en deur kompetisies weggegee sal word, sluit in waterbesparingstortkoppe, waterfiltreerstelsels vir ’n huishouding, ’n waterfilter wat gekoppel kan word tussen ’n afvoerpyp en tenk, en drie Baby Dams wat jy gebruik om ’n bad kleiner te maak vir kinders om in te bad. NB Pools Covers skenk ’n swembadbedekking elke maand vir die volgende ses maande. Hulle het ook sake-eienaars gekry wat op eie koste die watertenks vir die wenners sal installeer, sê Smit. Hy sê dis verblydend om te sien hoe die ondernemings terugploeg in hul gemeenskap. Smit is ook betrokke by die nie-wingewende organisasie Water Shortage South Africa (WSSA), wat twee jaar gelede gestig is toe Senekal in die Vrystaat sonder water was. Mense is toe versoek om onderweg na hul vakansiebestemming water in Senekal af te laai. Dit het gelei tot nog versoeke van ander dorpe, sê Smit. V Na bladsy 2.

By sy eie huis doen Deon Smit sy deel om water te spaar waar hy kan.

FOTO: CARINA ROUX

Celebrate

Braai DAY with us

e re ar e a we w n o N n E o P N O OPE h th 5t 25 2 PT S T.. EP SE

Hot DEAL

Chicken Drumsticks

3499 p/kg

The Deal

BIG DEAL

Grabouw Boerewors

6599

A class

Steak Pack

8999 p/kg

p/kg

Braai PACK Tender Tasty Sirloin Chicken Leg 1/4 Albertinia Braaiwors

3500

p/pack

...braai

best buy

Bacon Twister

9999 p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from 13 - 25th September 2017. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Consist of: Loin Chops Shoulder Chops Rashers

Pork Braaipack

5899 p/kg


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.