GOODWOOD
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SPRING HAS SPRUNG
MARIGOLD 6 PACK
Electricity Cost Hurting Your Pocket ? WAS 21.95
NOW
12.95
Offers valid until 1 October 2017. While stocks last.
Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
R 399 pm Tel. 0861 115 115
www.mrsola.co.za
X1TWPMM2-AL270917
Woensdag, 27 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
TANNIE ANNATJIE: BEKENDE GESIG BY PADWEDLOPE
Op 75 ken haar bene g’n einde CARINA ROUX
S
Annatjie Berntzen (75) onlangs in aksie.
FOTO: MARLENE NELL
y staan dalk nie baie hoog in haar paar lang rooi drafsokkies nie, maar Annatjie Berntzen (75), wat eers in haar sestigs begin draf het, is waarskynlik Goodwood Harriers se bekendste gesig by padwedlope. Tannie Annatjie, soos sy alombekend is, vertel sy het glad nie aan sport deelgeneem in haar jong dae nie. Sy het grootgeword in Parow, waar sy nou weer woon en onthou nog die saaltjie in Wynnestraat (nou winkels) waar sy begin skoolgaan het. Sy het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Tygerberg voltooi. Die skool was toe waar die kunsskool nou is. Sy is getroud en geskei en is later Pretoria en Pietersburg toe waar sy administrasiewerk gedoen het vir die departement van openbare werke. Met haar aftrede in 2007 het sy besluit om terug te trek Kaap toe omdat meeste van haar familie hier is, vertel sy. Op 65 was sy ná 30 jaar terug in die Kaap. Sy het die Maandag geland en die volgende Sondag nooi ’n vriendin, Venita Nel – by wie haar hondjie toe gebly het, haar en dié hond om saam met nog vriende ’n 5 km-wedloop by Simonstad te stap. “Van alle plekke – daar’s mos net opdraendes,” lag sy. Daarna is sy gereeld saam na wedlope, maar die eerste jaar het sy net pretlope (5 km) gedoen. En een 20 km-Big Walk wat sy goed onthou: “Ons het uitgery met die bus – dit het daar anderkant Melkbos begin en hoe verder ons ry, hoe groter raak my oë!” In 2009 sluit sy by Tygerberg-Northlink-at-
letiekklub aan en doen vir ’n jaar lank net 10 km-wedlope. In 2010, op 68, doen sy haar heel eerste halfmarathon (Weskus) in minder as drie ure. Die Oudtshoorn-halfmarathon voltooi sy in 2:18 en daarna volg ’n string halfmarathons – almal so tussen 2:25 en 2:30. “Draf raak verslawend,” sê sy. In 2010 sluit sy by die 1 000 km-uitdaging aan waar die doel is om in ’n jaar 1 000 km in wedlope te hardloop. Die eerste jaar het sy 500 km gehaal en daarna nog elke jaar meer as 1 000 km. Sy was al drie keer die oudste vrou nasionaal wat meer as 1 000 km afgelê het en doen so tussen 1 200 en 1 300 km per jaar. In 2013, op 71, neem sy deel aan die 12 uurOrak-wedloop in Vredendal. Omdat sy al voorheen een 30 km-wedloop gedoen het, was haar doel aanvanklik net om 30 km te voltooi. Toe sy die mikpunt in 4:30 bereik en besef daar is nog meer as 7 ure oor voor die afsnytyd, besluit sy om nog 30 km te doen om ’n silwermedalje te kry. Sy het net een voet voor die ander bly sit en teen 16:30 daardie middag die 60 km-merk bereik. Daarna sien sy – met aanmoediging van haar vriendin Venita – kans vir haar eerste marathon. Sy voltooi die 2013-Kaapstad-marathon in ’n tyd van 5:46 – die beste tyd daardie jaar vir vroue ouer as 70 in die Westelike Provinsie. In 2014 is sy die derde vroulike sewentigplusser in die Kaapstad-marathon. Buiten die baie wedlope waaraan sy deelneem, oefen sy nie. “Ek stap elke oggend – so drie tot vier kilometer en dit vat amper ’n uur, so dis nie vinnig nie.” V Na bladsy 3.