GOODWOOD
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SUMMER SPECIAL
DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS
Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 4 Oktober 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Off for a run in the rising sun Runners taking part in the inaugural Goodwood Harriers 10km Challenge held on Saturday cross the railway bridge towards Tygerdal after the start of the race at Ford iKapa Military Base. More photos on page 6. PHOTO: CARINA ROUX
AKKREDITASIE: SERTIFIKATE VIR GOODWOOD EN GLENWOOD
Buurtwagte kry hulp CARINA ROUX
V
erskeie buurtwagte het verlede Woensdag 27 September hul amptelike akkreditasie van Dan Plato, die provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, ontvang tydens ’n geleentheid by die Filia-skool in Goodwood. Twee plaaslike buurtwagte, Goodwood en Glenwood, was onder die 22 buurtwagte – van so ver as Pringlebaai en Atlantis, wat sertifikate ontvang het. James Ellis, die waarnemende voorsitter van Glenwood-buurtwag, sê daar is erken-
ning gegee aan die rol wat buurtwagte speel in die bekamping van misdaad deur die oë en ore van die gemeenskap te wees. Hy sê klem is daarop gelê dat buurtwagte binne perke moet optree en nooit die reg in eie hande mag neem nie. “Voor dinge tot so ’n punt kom moet die hulp van die polisie ingeroep word,” sê Ellis. Elke buurtwag het tydens die geleentheid ook ’n “beginnerspak” ontvang. Dit het onder meer ingesluit ’n noodhulpsak, ’n brandblusser, 15 reflektiewe baadjies, herlaaibare flitse, fluitjies, ’n witlig en ’n stel magnetiese herkenningstekens vir voertuie. Die waarde
van die toerusting is ongeveer R15 000. Ellis sê Glenwood-buurtwag hou deeglik inventaris van alle toerusting wat aan die buurtwag toegeken word en aan hul lede uitgereik word. John Ross, voorsitter van die Goodwoodgemeenskapspolisiëringforum (GPF), sê hy was beïndruk met die toerusting wat aan die buurtwagte oorhandig is. Hy sê Plato het veral verwys na die riglyne waaraan buurtwagte moet voldoen en ook gepraat oor opleiding vir die buurtwaglede. Die sertifikate wat aan die onderskeie buurtwagte oorhandig is, dui die grense van
die areas aan waar hulle werksaam is. Hoewel buurtwagte hierdie grense moet respekteer, sê Ross ’n voorstel wat hy genoem het rondom samewerking tussen aangrensende buurtwagte om gesamentlike operasies te doen, is positief ontvang. Plato het ook melding gemaak van hoe belangrik die samewerking tussen die buurtwagte en die polisie, die departement en ander rolspelers in die veiligheidsbedryf is. Erkenning is gegee aan buurtwagte wat in moeilike omgewings, soos bende-geteisterde areas, werksaam is. V Na bladsy 5.
CAPE MAY
IN FULL BLOOM
WAS 129.95
NOW
GERANIUM
CAPE DAISY
WAS 34.95
NOW
15.95
www.stodels.com
YESTERDAY, TODAY, TOMORROW
AGAPANTHUS MINI BLUE
WAS 44.95
NOW
19.95
WAS 59.95
WAS 129.95
18.95
54.95
NOW
49.95
PIN CUSHION HANGING FLOWER BOWL
WAS 129.95
NOW
NOW
(LIMITED AVAILABLE)
67.95
WAS 69.95
NOW
32.95
Offers valid until 8 October 2017. While stocks last.
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Constantia 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 X1TYMPN5-AL041017