GOODWOOD
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Switch to
Smile 90.4FM Woensdag, 14 Februarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
RUYTERWACHT: GEMEENSKAP GESKOK OOR 63-JARIGE MAN SE DOOD
Helder oordag geskiet CARINA ROUX
D
ie gemeenskap van Ruyterwacht is geskok nadat ’n 63-jarige man verlede Woensdag 7 Februarie helder oordag by sy huis in Prinses Margaretstraat doodgeskiet is. Volgens familielede het Vivian Botes, wat by die Epping-varsproduktemark gewerk het, kort voor 15:00 sy motor in die oprit langs die huis geparkeer. Sy vrou, Meisie, skoondogter, Lorraine Cowley, en kleindogter, Laurishka Cowley, was almal tuis. Hulle het gehoor hoe hy by die voordeur inkom en roep, “Jy, jy!”, gevolg deur klapgeluide. Sy stiefseun, Nedwill Cowley, sê sy vrou en dogter het eers gedink Vivian maak ’n grap, want hy was ’n grapjas. Laurishka vertel: “Ek het die skote gehoor, maar eers gedink dis iets soos klappers.” Sy sê sy’t gehardloop om te kyk, iets in die spieël opgemerk en gesien hoe haar oupa grond toe val. Daarna het sy na haar ma, Lorraine, gehardloop en vir haar geskreeu, “Oupa is dood, Oupa is dood!” Haar ma het vir haar gesê sy moet ophou nonsens praat, want sy het ook gedink hy maak weer ’n grap. Met ’n skok het hulle ontdek dat hy geskiet is. Lorraine sê sy het só gebewe sy kon skaars haar foon se nommers gedruk kry. Sy is na buite om haar jonger dogter, wat enige oomblik van die skool af sou kom, te keer voor sy by die huis kon inkom en haar oupa so sien. “Oupa en kleindogter het elke middag gekyk wie kom eerste by die huis – Dank Vader sy’t hom nie dié keer gewen nie,” sê Lorraine. Nedwill sê hy het soos ’n besetene van sy werk in Philippi af huis toe gejaag toe hy die oproep kry. “My baas het net gesê ‘ry’, hy sal die polisie en nooddienste bel.” Hy sê met sy aankoms het hy Vivian omgerol om te kyk of daar nog iets is wat hulle vir hom kon doen, maar om-
Vivian Botes
Vivian Botes (63) is verlede Woensdag doodgeskiet net nadat hy by sy huis in Ruyterwacht gekom het. dat hy deur die kop geskiet is, was dit reeds te laat. Volgens kapt. Daphne O’Reilly, woordvoerder van die Elsiesrivier-polisie, is drie skote afgevuur. Vier verdagtes het met ’n silwer Toyota Avanza gevlug. Laurishka sê sy het die een aanvaller net vlugtig gesien, maar sal hom nie kan uitken nie. Nedwill sê daar is beweringe dat sy stiefpa, wat blykbaar eers by ’n bank gestop het voor hy huis toe gekom het, moontlik agtervolg is, maar dis nog nie bevestig nie. Nedwill sê een van die inwoners in die straat het vertel hy’t alles sien gebeur
en dat daar twee mans by sy stiefpa was. Volgens die man het Vivian verder af in die straat eers ’n U-draai gemaak. Hy het toe langs sy huis geparkeer, tot by die voordeur geloop en ingegaan. Dit was blykbaar toe hy die deur wou sluit, dat die twee mans op hom was. Die aanvallers het skynbaar net geskiet en gehardloop. Nedwill sê sy stiefpa het nog ’n sak gehad wat hy altyd by hom gedra het, ’n klomp geld in sy broeksak en sy karsleutels – niks is gevat nie. “Wat ek nie verstaan nie is hulle skiet hom en deursoek nie sy sakke nie. As
FOTO: CARINA ROUX
hulle ’n rooftog beplan het, het hulle my vrou en kinders ook doodgeskiet. Dit maak nie sin nie.” Die familie en veral ouma Meisie is erg getraumatiseer deur die voorval, sê Lorraine. Met TygerBurger se besoek verlede Vrydag was Nedwill besig om vir hulle berading te reël. Hy sê sy broer in Engeland vat dit ook swaar, veral omdat hulle nie nou SuidAfrika toe kan kom nie. Benewens sy vrou, kinders en kleinkinders, laat Vivian ook ’n broer en ’n suster agter. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.