TygerBurger Kraaifontein 20170809

Page 1

KRAAIFONTEIN

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

AUGUST DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS

Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 9 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

BUURTWAGLID (30): VERDAGTES VERSKYN IN HOF; ‘VREEMD DAT HY 2 SOU KONFRONTEER’

Meswonde eis lewe SALETTE CLOETE

Kraaifontein­polisielede is hier Saterdagaand by die waak van Alec du Toit. Sy sterfte word beskou as een van hul eie. FOTO: SOLLY LOTTERING

T

wee verdagtes in die moordsaak van ’n Kraaifonteinse buurtwaglid het Maandag in die Bluedownslanddroshof verskyn. Die twee vermeende bendelede in hul vroeë twintigs, Elric Charles en Jarred Christian van Scottsville, is oor die naweek in hegtenis geneem vir die steekmoord op Alec du Toit in Tennantstraat, Windsorpark. Du Toit, ’n lid van die Windsor-Zoopark-buurtwag, het aan sy beserings beswyk nadat hy twee keer gesteek is. “Hy het begin Augustus sy 30ste verjaarsdag gevier,” het Wayne Cronje van Landry Securitas-sekerheidsdienste gesê, wat saam met Du Toit was tydens sy laaste oomblikke. Cronje vertel hy het mond-tot-mondnoodhulp toegepas. “Maar jy kon die borrels hoor soos sy longe vol bloed geloop het. Dit was aaklig om my vriend só te sien.” Du Toit was Vrydagaand op pad huis toe nadat hy sy ma in die hospitaal besoek het, toe hy glo ’n boodskap op sy selfoon gekry het. Hy het dié boodskap, oor twee verdagte mans, na die buurtwag se WhatsApp-groep gestuur vir ondersteuning. Gordan Landry, eienaar van Landy Securitas, sê hulle het die oproep dat Du Toit gesteek is, om 20:20 gekry. Tien minute later was hulle op die toneel. “Ons het hom op die grond gekry waar hy inmekaargesak het. Omdat jy nie regtig emosioneel betrokke kan raak nie, was dit moeilik, veral omdat ons Alec ken.” Landry sê daar is geen wapens op die toneel gevind nie. “Ons het nog so die veldjie ingestap op soek na ’n wapen, en het oral rondgekyk in die rigting waarin die verdagtes gehardloop het.” Mawethu Sila, voorsitter van die Kraaifonteinse gemeenskapspolisiëringsforum, sê buurtwaglede moet ’n situasie opsom en dan die polisie kontak vir ondersteuning.

“Dit is vreemd dat hy twee verdagtes net so sou konfronteer.” Anita Krause, voorsitter van die Windsor-Zoopark-buurtwag, kon teen druktyd nog nie bereik word vir kommentaar nie, hoewel sy teen Maandag van haar sou laat hoor het. Brig. Gerda van Niekerk, stasiebevelvoerder van die Kraaifontein-polisie, sê moord bly maar altyd die wreedste misdaad. “Dit laat altyd soveel geliefdes agter.” Van Niekerk sê nie eens hoogs op-

geleide polisiebeamptes sal alleen reageer op enige soortgelyke situasie nie. Lt.-kol. André Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n saak van moord word ondersoek. Traut het bevestig ’n man (Du Toit) is Vrydagaand in Tennantstraat, Kraaifontein, doodgesteek. “Daar is een verdagte dieselfde aand gearresteer en die ander verdagte die volgende oggend.” V Deel jou gedagtes by briewe@tygerburger.co.za

Alec du Toit is Vrydagaand doodgesteek ná hy twee verdagte mans gekonfronteer het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Kraaifontein 20170809 by Tygerburger Newspaper - Issuu