KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
FREE TREES GET A FREE TREE WITH AT LEAST 1 BAG OF COMPOST 15DM FOR R17
11 PERSEPT FAMILY T'C & C'S APPLY
X1TTGFYX-AL300817
Woensdag, 30 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Koor het rede om trots te wees Die koor van die Hoërskool Monumentpark kan maar hul hande in die lug gooi van blydskap: dié koor in Kraaifontein het onlangs 89% by die Stellenboschkunswedstryd en 89,5% by die onlangse Tygerbergse internasionale eisteddfod behaal. Lees op bl. 7 meer oor hul prestasies.
HOËRSKOOL SCOTTSDENE: GOOI DEURE OOP VIR GEMEENSKAP
Staan uit die as op
D
ie Hoërskool Scottsdene vier die komende naweek ’n groot mylpaal in sy 43 jaar lange geskiedenis wanneer die skool spiritueel gesëen sal word. Peter Links van die skool vertel nadat die skool deur die jare sy gewildheid by die gemeenskap verloor het, het hy weer uit die as opgestaan, homself afgestof, en sy aansien verhoog deur sy matriekuitslae te verbeter. Links vertel die skool het in 1974 ontstaan met net twee grade: agt en nege – destyds se standerds ses en sewe. “Ons skool se naam was toe die Wolwefon-
tein-Middelbare Skool. Dis hernoem na die Scottsdene Sekondêre Skool in 1977 met mnr. Schoeder as die eerste skoolhoof.” Links sê die skool het deur die jare meer as 25 mediese dokters en vele tandartse, prokureurs, ingenieurs, entrepreneurs en vele ander professioneel bekwame en opgeleide oud-leerders opgelewer. Hy vertel dat Scottsdene ook ’n rype geskiedenis in die stryd teen apartheid het. “Die skoolgemeenskap het nooit geskroom om standpunt in te neem teen die euwels van die apartheidregime nie.”
Links sê in 2014 is daar toe begin met die bou van ’n nuwe skoolgebou. “Soos die jare aangestap het, het die behoefte aan ’n nuwe skool met moderne geriewe al hoe sterker geword. “Met groot opgewondenheid betrek ons toe fase een in April 2015. Groot was ons teleurstelling toe die skool in Julie 2015 onveilig verklaar is en dit ons intrek belemmer het. Einde Mei 2017 is ons uiteindelik toegelaat om die [hele] nuwe gebou te betrek.” Ten spyte van al die teleurstellings, het hul matrikulante steeds in 2016 ’n 94%-slaag-
syfer behaal, spog Links. “Daar is nog hier en daar knelpunte soos gebrekkige WiFi en so meer by die nuwe gebou, maar ons glo dat dit weldra iets van die verlede sal wees.” Links sê die skool gaan Saterdag sy deure oopgooi vir die gemeenskap, ouers en oudleerders wat die verrigtinge graag wil bywoon. “Ons gaan die nuwe skool in al sy glorie wys vir dié wat wil kom kyk.” Sondag sluit hulle dan die naweek af met ’n kerkdiens in die skoolsaal, vertel hy.
OFFER VALID 30 AUG 6 SEPT 2017
Vars Vis en Gevriesde Seekos en Hoender Produkte SEAFOOD MIX
BATTERED HAKE
HALF SHELL MUSSELS
GARLIC MUSSELS
CHICKEN STRIPS
BITE & DELIGHT
SPICY POPS
BATTERED CALAMARI RINGS
R29 50
R110 00
R65 00
R32 50
R60 00
R30 00
R60 00
R50 00
per 700g
per 2kg
per 800g
per 500g
per 1kg
per 500g
per 1kg
per 1kg
Unit F1, Fourie Street, Brackenfell: Tel 021-982 7167 // 15 Eagle Street, Okavango Park, Brackenfell: Tel 021-981 0157 X1TVF27R-AL300817