KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
56cm FLOOR FAN
- Chrome finish
was R899
R749
COOL FESTIVE DEAL
Valid @ all branches until Sunday 24 December 2017 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 13 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
E&OE
@TygerBurger
TygerBurger
HUIS BRAND AF: GEMEENSKAP HELP MET KOS, KLERE EN MEER
Gesin het niks oor SALETTE CLOETE
D
ie noodlot het ’n gesin van Langeberghoogte in Kraaifontein drie keer in een dag getref. Hul huis het afgebrand, hulle het hul speelskoolperseel verloor en dus hul inkomste en die man se gereedskap waarmee hy houtmeubels gemaak het, is alles verwoes. Boonop het Albert van der Waal, eienaar van die huis, onlangs sy werk verloor. Die huis in Gallowaystraat in dié buurt, was ook bekend as die Kleuter Paradys-kleuterskool. Karen van der Waal en haar ma was alleen tuis toe sy verlede Dinsdag ’n ritselende geluid in die motorhuis hoor. “Ek het die deur oopgemaak, ingeloer, niks gesien nie en weer die deur toegemaak. Ek het teruggegaan huis toe en weer die geluid gehoor. Met die oopmaak van die motorhuisdeur het lug ingewaai en die volgende oomblik was daar vlamme oral.” Karen en haar ma het hul handsakke gegryp en uitgehardloop en toe die brandweer probeer bel. Sy moes teruggaan om die diere ook uit te kry en van die bure gevra om weer die brandweer te bel. Intussen het lede van Landy Securitas wit rook sien trek en gaan loer wat aangaan. Hulle was om die draai van die huis toe swart rook by die dak begin uitkom. André Theron van die Sektor4buurtwag in Kraaifontein sê hy is stomgeslaan om te sien hoe die gemeenskap gehelp het. Binne twee uur ná die gesin alles verloor het, het mense goedere kom aflewer. “Ons het dit op Facebook gesit en op al ons WhatsApp-groepe. En mense het eenvoudig net reageer.” Theron sê hulle het twee bakkies vol kos en klere en toiletware by die gesin afgelewer. V Na bladsy 2.
Al wat oorgebly het nadat die Van der Waalgesin se huis in Langeberghoogte afgebrand het. FOTO: SALETTE CLOETE