TygerBurger Kraaifontein 20180117

Page 1

KRAAIFONTEIN

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Woensdag, 17 Januarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

Bielie­raap van byna 5 kg

Albertus Clarence spog hier met sy bielie van ’n raap. By hom is sy dogter, Veronique. Lees die berig op bl. 2.

FOTO: SALETTE CLOETE

BENEDICT KHOBOTLE: MOEILIKE OMSTANDIGHEDE KRY HOM NIE ONDER

Vasbyter blink uit SALETTE CLOETE

“E

k sou nooit kon droom dat ek so goed gaan vaar nie,” sê Benedict Khobotle (19), ’n leerder van die Hoërskool Scottsdene. Bennie, soos hy onder sy vriende bekendstaan, het sy matriekeksamen met twee onderskeidings geslaag ten spyte van sy omstandighede. In Wallacedene, waar hy saam met sy ma en jonger broer woon, is omstandighede nie geskik om sonder steuring te studeer nie,

vertel hy. “Ek slaap op die bank en daar is ’n sjebien oorkant die pad. So ek moes wag dat hulle toemaak voordat ek kon studeer. Die ketel was my beste vriend gedurende daardie aande toe ek net wou opgee, en ek moes myself ook kwaai motiveer om aan te hou.” Volgens Bennie het hy nie altyd so goed gevaar nie, omdat hulle baie verhuis het en hy deur baie persoonlike dinge moes werk. “Ek het met die verkeerde vriende deurmekaar geraak en saam met hulle hookahpyp (hubbly bubbly) gerook. Ek moes ook

hier in die Kaap Afrikaans en Xhosa leer.” Toe sy ma van haar man skei, moes hulle weer verhuis. Hy vertel hy het nie ’n ID-dokument nie. “My ma het in 2014 aansoek gedoen vir haar eie ID sodat ek ’n geboortesertifikaat kan kry, maar ons wag nog steeds.” Dit bring mee dat Bennie ondanks sy goeie matriekuitslae nie kan aansoek doen om te studeer nie. Bennie sê hy kon amper nie matriekeksamen skryf nie, maar die skool kon darem iets gereël kry. V Na bladsy 2.

TygerBurger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Kraaifontein 20180117 by Tygerburger Newspaper - Issuu