Tygerburger Kraaifontein 20180207

Page 1

KRAAIFONTEIN

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

WATERLESS GARDENING ASK US HOW! X1UAD3QW-AL070218

Woensdag, 7 Februarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

ESTERHUIZEN­HUIS: VLAMME SAAI VERWOESTING

Verloor als in brand SALETTE CLOETE

“O

ns het alles verloor, en kon net daar staan en kyk hoe ons besittings in die vlamme opgaan.” Dis die tragiese prentjie wat Adel Esterhuizen skets oor ’n brand wat hul huis in die vroeë oggendure van Saterdagnag voor hul oë verwoes het. Sy sê haar kêrel van 13 jaar het wakker geskrik, omdat sy bors gebrand het. “Hy het die selfoon se liggie in die kamer aangesit, maar daar was reeds oral rook.” Esterhuizen sê hy het ’n asmabors, en was dit nie vir hom nie, sou hulle dit sekerlik nie gemaak het nie. Met duidelike pyn op haar gesig vertel Esterhuizen hoe ’n mens op so dag planne moet maak, want jy het nooit gedink dit sal met jou gebeur nie. “Ek doen al vir nege jaar liefdadigheidswerk. En dit was altyd lekker om mense te help. Maar noudat ek in daardie bootjie is, is dit nie so lekker nie.”

Sy sê sy is dankbaar vir almal wat kom help het en steeds kos en water bring, want dis wat hulle nou nodig het. Esterhuizen en haar kêrel is albei motorfietsryers, en nadat hulle die diere uit die huis gekry het, het hulle gehardloop vir die motorfietse. “Ek het selfs ’n ligament in my voet seergemaak soos ek rondhardloop het.” Die paartjie gaan nou berading kry om hulle deur dié traumatiese ervaring te help. “Die volgende dag het ek paniekbevange wakker geskrik. Ek was doodseker ek het rook gesien, maar my kêrel het my verseker daar is geen rook nie. Alles is nog te vars in my geheue.” Die paartjie is ook druk op soek na ’n huis wat hulle kan huur. Hulle woon tans in die gedeelte van die huis wat nie te erg beskadig is nie, maar daar is geen krag of water nie. Enigiemand wat kan en wil help, kan Esterhuizen se suster, Audrey le Roux, by 079 885 1930 kontak. V Nog foto’s op bl.2

Blitsbok deel skoene uit

Koffiebekers staan nog op die toonbank van die erg beskadigde kombuis.

Sadrian Sass (7) van die Laerskool Petunia is hier saam met Branco du Preez, ’n Blitsbok­ rugbyspeler. Branco het die skool besoek saam met die BTD­span, waar Sadrian en ander leerders skoolskoene ontvang het. Lees meer op bladsy 4. FOTO: SALETTE CLOETE FOTO: SALETTE CLOETE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.