Tygerburger Kraaifontein 20 June 2012

Page 1

KRAAIFONTEIN

E-pos: tyger@dieburger.com

B u r g e r Woensdag 20 Junie 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Legendes vat die pad

Die Easy Riders Old Boys het onlangs weer saam die pad aangevat. Hulle was drie dekades gelede een van net ses motorfietsklubs in Kaapstad en is vandag ietwat van ’n legende. Hier is van die eerste lede. Van links is Hennie Geldenhuys, Billy Tomlinson, Jannie Brink, Lerouxna Steenkamp, Cassie Steenkamp, Jacques Steenkamp, André Thiaart, Johan Ma­ ritz, Corrie Oosthuizen, Tony van Wyk en Patricia van Wyk. Storie op bl. 3. Foto: Carina Roux

) Bende teiken glo gewilde fietsroete

Egpaar in mes­drama DESIREÉ RORKE

’n Egpaar van Durbanville is verlede Sondag op ’n gewilde fietsroete in Joostenbergvlakte met hul lewens gedreig en tóé van hul fietse beroof. Adele en Anton Myburgh ry gereeld op Sondag-oggende die prentjieagtige landelike roete tussen Cape Garden Centre en Waarburgstraat, nes vele ander fietsryers in die stad. Die insident het omstreeks 10:30 plaasgevind. “Ons het met ons bergfietse in Waarburgstraat afgery toe ons twee netjies geklede mans sien aanstap.

Toe dit lyk of hulle die straat wil kruis, het ons spoed verminder. Maar toe ons amper by hulle kom, het hulle in ons rigting gedraai en twee messe uitgehaal. My man het nog genoeg spoed gehad om verby hulle te ry, maar ek was te stadig en die een man het my aan my arm van my fiets af probeer ruk,” het Adele verlede week aan TygerBurger vertel. “Ek het van my fiets afgeval en een van die mans het met ’n mes oor my kom staan en gesê hy gaan my doodmaak. Ek het vir hom gesê om net my fiets te vat, maar kon my voet nie vinnig genoeg uit die pedaal kry nie. Hy het kwaad geword

en dit het gelyk of hy my wou steek. Net toe het ek my voet uitgekry en eenkant toe gespring waarna hy die fiets gegryp en weggery het,” sê Adele. Met Adele se angsgille het Anton omgedraai om haar te hulp te snel, maar hy het toe reg in die ander man vasgery. Met die impak het hy van sy fiets afgeval en sy valhelm gekraak. “Die ander aanvaller was blitsig op hom en het ’n mes teen Anton se keel gedruk en sy selfoon gevra voordat hy sy fiets gevat het,” vertel Adele. Albei mans het in die rigting van Bloekombos gevlug. Die Joostebergvlakte-gemeem-

Fabulous

skapspolisiëringsforum (GPF) was minute later op die toneel, gevolg deur die polisie. ’n Ovambo-polisiespoorsnyer het die spoor gevolg tot aan die rand van Bloekombos waar hy dit verloor het. ’n Saak is geopen by die Kraaifonteinpolisie waar die Myburghs ingelig is dat die polisie al ’n geruime tyd op soek is na ’n bende in Bloekombos wat fietsryers in dié gebied aanval. Die totale waarde van die fietse is ongeveer R25 000, en die egpaar het met ’n paar skrape en kneusplekke van die aanval ontkom. Nog geen arrestasies is gemaak nie.

4

Adele Myburgh ’n paar dae ná die aanval. Foto: Desireé Rorke

Innova, Corolla, Auris and Yaris

021 980 0500 e t a G Cape Our dynamic sales team are waiting to assist you with fabulous specials on Innova, Coralla, Auris & Yaris


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.