Tygerburger Kraaifontein 6 Junie 2012

Page 1

KRAAIFONTEIN - SEDERT 1984 -

ONS HET VOORRAAD ! E-pos: tyger@dieburger.com

B u r g e r Woensdag 6 Junie 2012

Taurusstraat 10 • Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za Fred Prinsloo Reklame gho/18/11/2011 A

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Birthday for four

The Kraaifonteins quadruplets turned one this weekend. From left are Jacques, Madison, Kayden and Evan with their parents Elverna and David Petersen. Read the full story on page 3. Photo: Leon Steenkamp

) Wetgewing laat subraad nie keuse

Gemor oor ‘dobbel­ja’ DESIREÉ RORKE

Die Bergdal-subraad was onlangs genoodsaak om ’n aansoek om dobbelmasjiene by ’n plaaslike restaurant aan te beveel, maar raadslede is dit eens dat die aansoek nie hul goedkeuring wegdra nie. Sommige raadslede was só onsteld, dat daar selfs gesê is dat die die restaurant op dun ys skaats, en enige verdere klagtes van die publiek tot streng inperkings sal lei. Die aansoek vir ’n maksimum

van vyf dobbelmasjiene by The Palms-Kroeg en Restaurant op die Bottelarypad, is gedurende die afgelope subraadvergadering voor die raad gebring. Marian Nieuwoudt, raadslid, het dit duidelik gestel dat sy nie die aansoek steun nie, maar dat sy nie veel daaraan kan doen nie. “In beginsel steun ek nie die aansoek nie, maar as subraad word ons deur ingewikkelde wetgewing genoodsaak om die aansoek goed te keur,” het sy by dié vergadering gesê. Volgens Niewoudt, kan ’n onder-

neming wat reeds besigheidsregte het, ingevolge wetgewing, ’n maksimum van vyf dobbelmasjiene aanskaf. Volgens die burokratiese proses moet die Stad Kaapstad dan ’n aanbeveling aan die dobbelraad maak vir die aansoek om goedgekeur te word. “In praktyk sal so ’n aansoek net afgekeur word deur die dobbelraad in gevalle waar die eienaars byvoorbeeld kriminele rekords het of wetsoortreders is. “Die raad se inspraak is eintlik baie beperk en net van toepassing

op besigheidslisensies, en die spesifieke instansie het al die nodige lisensies,” het sy verlede week aan TygerBurger gesê. Volgens Nieuwoudt is The Palms geleë op wat vroeër landbougrond was, en in die omgewing van baie plase. “Eers het hulle aansoek gedoen om ’n restaurant te bedryf, en daarna ’n kroeg. Kort daarna het die instansie weer aansoek gedoen vir ’n vermaaklikheidslisensie en het begin om harde musiek te speel. Die hersoneringsprosesse het saam met die aansoeke gepaard gegaan – afge-

sien van die feit dat die omliggende gebied hoofsaaklik landbougrond gebly het. En nou wil hulle dobbelmasjiene hê. Waar gaan dit eindig en wanneer gaan dié geldgierigheid end kry?” het ’n ontstelde Nieuwoudt gevra. Volgens Nieuwoudt, ’n gekwalifiseerde maatskaplike werker wat ook ’n meestersgraad in maatskaplike ontwikkeling het, hou dié ontwikkeling in die gebied ’n groot gevaar in vir die sosiaal-maatskaplike omstandighede van die mense in die omgewing. . Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.