Tygerburger kraaifontein 20171220

Page 1

KRAAIFONTEIN

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

HEARING AIDS MICHAEL FOURIE B. Pharm Dip.HAA

HEARING TESTS

HEARING AIDS

If you are interested sms ‘HEAR’ to 34007

Contracted into Medical Aids DURBANVILLE: Mediplein Medical Centre HEARING CARE CENTRE BRACKENFELL:Medicross Medical Centre, c/o Brackenfell Boulevard & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Centre behind Mkem PAROW: Medicross Medical Centre, McIntyre Road

By appointment only

Call Toll-free 0860666660 or 083 272 3112

X1U75A9D-AL201217

Woensdag, 20 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

MAN OP KRUKKE IN STRAAT: FAMILIE WIL HOM NIE HÊ

Vrou red erg sieke SALETTE CLOETE

“M

y hart is gebreek; ek kan dit nie hanteer dat mense hul familielede net so kan afskryf nie,” sê Basetsana Maboe van Kraaifontein huilend. ‘‘En dít kort voor die Kerstyd wanneer familie moet saamkom en die geboorte van Jesus moet vier.’’ Vir een man wat sy help is dit werklik ’n wonderwerk – in ’n tyd waar wonderwerke so skaars soos hoendertande is. Maboe, wat voorheen met terminale pasiënte gewerk het en nou betrokke is by slagofferondersteuning by die plaaslike polisiekantoor, sê sy gee om; dis deel van haar menswees. Sy sê sy was op pad kerk toe en het verby ’n man gery wat met krukke geloop het. “Ek het in my truspieël gekyk en dit was asof die Here met my gepraat het dat ek moet omdraai.” Maboe sê sy het omgedraai, by die man gaan stop en gevra of sy hom iewers heen kan neem. Sy vertel die man was so verras dat enigiemand hom raakgesien het dat hy in trane uitgebars het en geroep het: “Dankie, Jesus! Iemand kom tot my redding!” Maboe sê haar hart het op daardie oomblik in ’n duisend skerwe gespat, en omdat hy nie kon onthou waar hy woon nie, het sy hom saam kerk toe geneem. Iemand by die kerk het gesê sy naam is Jonny Naude. Met ’n vraery kon sy uiteindelik by die man se familie uitkom. Daar, vertel sy, was dit net die ene klagtes oor Naude, ook dat hulle hom nie daar wil hê nie, nog minder na hom wil omsien. “Hoe kan familie mekaar so verstoot? Ek het hom eers daar gelos terwyl ek na ’n ander plek gesoek het.” Sy sê haar twee opsies was by haar ma se huis of dan haar eie huis. “My swanger dogter bly by my ma, so dit is buite die kwessie en ek moet ook my man se gevoelens in ag neem. Tog gee ek nie moed op nie.” Maboe het intussen inkopies gedoen en die man se medikasie by die kliniek gaan vra. “Ek is nie grootgemaak om net my rug te draai op mense wat swaarkry nie,” het sy deur die trane uitgekry. TygerBurger verneem Maboe het reeds met die departement maatskaplike ontwikkeling geskakel om aansoek te doen vir ’n hospies vir die man. Dit klink voorlopig positief, sê Maboe. Sy hoop om in die nuwe jaar vir Naude, en ander verwerpte lede van haar gemeenskap wat sieklik is, te kan help.

@TygerBurger

TygerBurger

Farewell till next year This is our last edition for 2017. Our best wishes accompany each and every reader and their loved ones over the festive period. Our first edition will appear on Wednesday 17 January 2018 and we look forward to bringing you a new year full of news you cannot find anywhere else! Thank you for your loyal support and please stay safe. – The TygerBurger team.

Basetsana Maboe (links) is hier saam met ’n vriendin, Rosie Lombaard (regs), en Jonny Naude, na wie sy omsien.

SEASON’S GREETINGS Brito’s would like to thank all our customers for their support in 2017. We would like to wish you and your family peace, joy and prosperity through the coming year. YES!! We are OPEN on the 24th & 31st Dec (Selected stores only) Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Dont forget our wide selection of your favourite festive meats.

Corned Tongue, Corned Beef, Boneless Gammon, Smoked Chicken Gammon Roll & so much more.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.