KUILSRIVIER Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
valid from 3rd February to 7th February 2021 X1WHUTMR-AL030221
Woensdag, 3 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Rioolwater vloei verlede week oor die pad naby die sopkombuis. FOTO: ELMINE MÖLLER
MUNISIPALITEIT: GROEP VROUE HELP PROBLEME AANMELD
Dienslewering haper CARINA ROUX
T
ussen 1 Julie en 31 Desember verlede jaar is daar net in subraad 21, wat die grootste deel van Kuilsrivier insluit, altesame 11 543 versoeke vir dienslewering by die Stad Kaapstad aangemeld. Tydens die eerste subraadsvergadering vir die jaar het Johan van der Merwe in sy voorsittersverslag gesê die “rioolstelselprobleme in Kalkfontein, Wesbank en elders, die verwydering van vaste afval, onwettige storting, skoonmaak van areas en haweloses” is van die belangrikste kwessies wat op die agenda vir 2021 moet wees. Een oogseer wat die gemeenskap verlede week laat gons het, was die terrein rondom die sopkombuis naby die Kuilsrivier-treinstasie. Vrywilligers van verskeie plaaslike NG kerke verskaf om die beurt sop aan die
sopkombuis, wat bestuur word deur Aksie Samaritaan, ’n nie-winsgewende organisasie. Elmine Möller het op Dinsdag 26 Januarie sop gaan aflaai en sê die toneel het haar ontstel – nie net lyk dit soos ’n rommelhoop nie, maar daar was ook rioolwater weens ’n drein wat gedurig oorloop. “So ’n vuil en onhigiëniese omgewing is beslis nie bevorderlik vir enigeen nie. In ons huidige pandemie is dit nog meer onaanvaarbaar dat die behoeftige mense deur die riool en vullis moet loop om dalk die enigste maaltyd van die dag te kom haal,” het Möller in ’n boodskap op ’n gemeenskapsgroep geskryf. Carol van Wyk het in reaksie gevra vir die adres en gesê sy is deel van ’n projek, Women for change. Hulle meld probleme soos storting, slaggate, riool wat oorloop, en dies
meer aan. Van Wyk het die volgende dag ondersoek ingestel en die verstopte drein as dringend aangemeld. By navraag het sy gesê hulle is 10 vroue wat onder die Stad Kaapstad se departement van maatskaplike ontwikkeling dien en deur die gemeenskap beweeg om probleme te identifiseer, wat dan aangemeld word deur die wykskantoor. Sommiges wat op Möller se pleidooi dat iets gedoen moet word, reageer het, was van mening dat die mense wat baat by die sopkombuis moontlik bydra tot die rommel of kan help om die gebied skoon te maak. Möller sê die mense kom net eet en gaan dan weer, maar die gebied word lankal as stortingsterrein ingespan. Sy vermoed dat daar moontlik ook ondernemings onder die skuldiges mag wees. “Daar is ’n klomp glasstukke, soos van gebreekte ruite.” Die sopkombuis bestaan uit twee skeeps-
vraghouers met ’n afdak en is omhein. “Binne-in die perseel is dit nie vuil nie; dit is net buite om,” sê Möller. Jacomina Swart, wat al vier jaar betrokke is by Aksie Samaritaan, sê die onwettige storting is ’n voortslepende probleem en verskeie versoeke is al gerig dat kennisgewings opgesit moet word wat storting verbied. Sy sê daar is ook perdekarretjie-drywers, wat hul vrag eerder gerieflikheidshalwe daar stort en sy vermoed mense stort ook goed, omdat hulle dink die bosslapers kan dit uitsorteer vir herwinning. Oor voorstelle dat die sopkombuis se kliënte ingespan word om te help opruim, sê Swart hulle help wel om die area voor die sopkombuis skoon te hou en daar kan nie regtig van hulle verwag word om die groter veld ook op te ruim nie. V Na bladsy 3
MINI-MARK
WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS
ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WHW3K5-AL030221