TygerBurger Kuils River - 3 July 2019

Page 1

KUILSRIVIER

Woensdag, 3 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

MIKRO PARK: SKELMS SLAAN GEREELD TOE

Paadjie benodig beligting Lizl Bode stap in die paadjie naby die Laerskool Mikro. FOTO: CARINA ROUX

CARINA ROUX

I

nwoners in die omgewing van die voetpaadjie wat strek deur die groenstrook vanaf die Laerskool Mikro tot by Amandelweg vra al geruime tyd die paadjie moet belig word. Lizl Bode, ’n inwoner van Tarentaalstraat sê mense word gereeld aangeval en beroof as hulle daarlangs stap. In skooltyd sit sy by een van die bome om ’n ogie te hou oor die skoolkinders wat daar stap. “Ek probeer maar almal waarsku om nie met handsakke of selfone oop en bloot te

stap nie.” Sy sê die kinders loop dikwels met oorfone en dis nie te moeilik om te sien dit lei na ’n sak nie. Met musiek in die ore is hulle nie altyd so bedag van wat om hulle aangaan nie. Die skelms is dikwels gewapen met messe en voorheen was daar ook ’n jong man op ’n BMX-fiets wat op en afgery het en in die verbygang iets sou gryp van niksvermoedende voetgangers. Twee jaar gelede was daar selfs sprake van bendelede met vuurwapens, sê Bode. Volgens haar het iemand van Bellville-polisie ingegryp en sedertdien was daar nog nie weer vuurwapens in die omtrek sover sy

JOIN US AT OUR OPEN DAY!!!

BELLVILLE CAMPUS 20TH JULY 2019 TIME: 9:30AM - 12:00PM

OPENING SPECIAL @ BELLVILLE CAMPUS!

COMPUTER BASICS COURSE

COST:R300

| DURATION: 5 DAYS

MORNING CLASS 10 AM - 12 PM AFTERNOON CLASS 2 PM - 4 PM

weet nie. Met TygerBurger se besoek het Bode die middelste gedeelte van die paadjie uitgewys waar die aanliggende huise se hoë grensmure die skelms minder sigbaar maak terwyl heelwat bome ook skuilplek bied. Bode sê sy is dankbaar die bome is darem onlangs gesnoei. Caroline Bester, ’n inwoner van Diedrikkiestraat is op Donderdag 30 Mei om 07:00 aangeval. Sy was op pad werk toe en neem gewoonlik ’n taxi vanaf Van Riebeeckweg. Sy sê leerders van die Hoërskool De Kuilen loop elke oggend in die paadjie af en dié oggend was dit vir haar die maklikste opsie.

Sy het twee manlike figure gesien wat in die rigting van die paadjie gestap het, maar dit het nie vir haar gelyk of hulle mekaar ken nie. Die een man het rustig gestap en rondgekyk. Toe hy verby haar stap het hy haar skielik aan die arm gegryp, ’n mes teen haar keel gedruk en gedreig dat sy haar selfoon vir hom moes gee anders sou hy haar doodmaak. Sy het probeer om uit sy greep los te kom en begin skree, maar hy het haar stilgemaak en grond toe gedwing, sê sy. Die ander man het intussen bygekom en haar handsak gevat. V Na bladsy 4.

G-CITI CAMPUS BELLVILLE CAMPUS

13 Blanckenberg Road 1ST Floor, Belle Cape Building, Bellville Office: (021) 100 3103 Whatsapp 084 012 3787 bellville@gciticampus.academy

Your Future Is Digital !!!

ELSIES RIVER CAMPUS I-CAN Centre 268 Halt Road | Elsies River

Office: (021) 202-0596 WhatsApp: 061 542 1836 reception@g-citi.org

BURSARY OPPORTUNITIES 2019

REGISTRATION Closes on the 26th July 2019

OFFICE ADMIN | GRAPHIC DESIGN IT TECHNICIAN | IT WEB SPECIALIST

SPECIAL ENDS 26TH JULY 2019 13 BLANCKENBERG ROAD 1ST FLOOR, BELLE CAPE BUILDING, BELLVILLE 021 100 3103 084 012 3787 bellville@gciticampus.academy

APPLY ONLINE: http://bursaries.gciticampus.academy


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Kuils River - 3 July 2019 by Tygerburger Newspaper - Issuu