TygerBurger Kuils River - 3 June 2020

Page 1

KUILSRIVIER 58” 58″ 4K UHD SMART LED - 58A6100UW

x3 TV LICENCE & ID REQUIRED WITH THE PURCHASE OF ANY TV

PRICE

FREEZE

x2

4

Year Guarantee

R6

was R8 999

999

Valid @ all branches until Tuesday 16 June 2020 - While stocks last

BELLVILLE - 021 944 3330

Woensdag, 3 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

E&OE

Teken in by www.netwerk24.com.

KUILSRIVIER: SKOLE SIT SKOUER AAN DIE WIEL

Plaaslike skole heropen CARINA ROUX

O

nderwysers en ouers se senuwees is beproef ná Angie Moshekga, nasionale minister van onderwys, omgeswaai het oor die aanvanklike besluit dat skole op Maandag 1 Junie vir graad 7- en 12-leerders heropen. Dit het gekom na druk van onderwysvakbonde en beheerliggaamorganisasies oor die gereedheid van skole. Teen Sondagaand 31 Mei was daar grootskaalse verwarring na ’n aankondiging dat skole landwyd eers 8 Junie sal begin met ’n verdere inligtingsessie van Moshekga, wat toe verskuif is na Maandagoggend. In weerwil van die nasionale besluit het die Wes-Kaapse onderwysdepartement Sondagaand wel die groen lig gegee dat skole in dié provinsie Maandag moet begin. In Kuilsrivier het skole soos onder meer die Laerskool en Hoërskool De Kuilen, die Laerskool Mikro, die Jan Krielskool en Kuils River Primary laas week skouer aan die wiel gesit om Maandag gereed te wees. Sosiale media is goed ingespan om ouers en leerders op hoogte te hou en instruksievideo’s is gemaak om te verduidelik hoe die proses gaan werk. Die Hoërskool De Kuilen het Sondagaand te kenne gegee sy personeel sal reg wees om leerders te ontvang en dat ’n oriëntasieprogram gedoen sal word. Maandag het Herman Mellet, die hoof, gesê geen kind word gedwing om skool toe te kom nie, “veral nie met die teenstrydige beriggewing van die vorige aand nie”. Hy het vir geduld gevra en gesê hulle is in die middel vasgevang tussen die nasionale departement en die provinsiale departement se teenstrydige aankondigings. ’n Ouer wie se matriekseun wel Maandag terug by De Kuilen was, het gesê die skool was meer as voorbereid en die leerders is goed ontvang. Louis Mouton, hoof van die Laerskool Mikro, het Maandag gesê hulle het die graad 7’s in twee groepe verdeel, waarvan die eerste groep Maandag begin het. Die tweede groep is Dinsdag verwelkom. Mouton het gesê Maandag was die bywoningsyfer 88%. “Die leerders was effens vreemd aan die begin, maar het gou ingeskakel by ons nuwe

Harde werk en deeglike beplanning is vooraf gedoen by die Jan Kriel-skool om Maandag meeste van die matriekleerders terug te kon verwelkom. Sommige leerders in die hoërisikogroep gaan voort met afstandonderrig. Hier spuit Chrismé Nel (onderwyser) Dylan Dettmer se skoene met ontsmettingsmiddel. Agter Dylan staan Eben Matthee en Marcel Erasmus. werkswyse.” Die siftingsproses het sonder probleme verloop en die leerders het ’n halfuurlange oriëntering gehad, waarna lesse begin het. “Leerders het tydens pouses hul sosiale afstand gehou onder personeeltoesig.” Geen van Mikro se ouers het aangedui dat hulle eers hul kinders op 8 Junie skool toe gaan stuur nie. Mouton is positief dat al die werk van die aangepaste kurrikulum afgehandel sal kan word. Hy het sy personeel bedank vir hul voorbereiding en die ouers vir hul positiewe benadering. ’n Ouer van ’n graad 7-leerder by die Laerskool De Kuilen sê volgens sy seun was daar

Maandag net sewe van sy klasmaats afwesig. “Ek dink die beste ding vir hom is dat hy nou net elke tweede dag skool toe hoef te gaan.” Dié skool het vooraf ook ’n omvattende kennisgewing uitgestuur en ’n video vrygestel. Francois van Wyk, hoof van die Laerskool Irista in Sarepta, sê net 24 van 98 leerders het Maandag opgedaag. Hy sê die dubbelsinnige inligting vooraf het beslis ’n rol gespeel, maar hy reken daar het nou ook ’n “vreespsigose” onder ouers posgevat. Hy sê die skool se beheerliggaam het pro-aktief opgetree om te help om die skool gereed te kry

en het self onkostes aangegaan om die gebou deeglik skoon te maak. Hy gee toe daar is heelwat uitdagings, maar sê hulle is gereed om leerders te ontvang. Brian Schreuder, provinsiale hoof van onderwys, het Maandag in ’n kennisgewing benadruk dat skole in die Wes-Kaap moet hou by die oorspronklike regulasie soos gepubliseer in die staatskoerant om vandeesweek te heropen vir graad 7- en 12-leerders. Volgens die kennisgewing het skoolbeheerliggame nie die reg om teen hierdie besluit te gaan nie. Die enigste geldige rede om nie te heropen nie, is wanneer die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls nie in plek is nie.

MINI-MARK

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.