KUILSRIVIER NEW LOCKDOWN TRADING HOURS
• Mon – Friday 8.30am – 5pm • Sat 8am – 5pm • Sundays 8.30am – 1pm
±
R7999 Valid from 5th August to 31st August 2020
X1W991DD-AL050820
Woensdag, 5 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
KALKFONTEIN: BET-EL SE KOSHUISKAMERS VERNIETIG
Spesiale skool aangeval CARINA ROUX
’n
Saak van openbare geweld word ondersoek na ’n gebou by die Bet-elSkool naby Kalkfontein op Maandag 27 Julie aan die brand gesteek is. Kol. André Traut, polisiewoordvoerder het gesê die voorval het tydens ’n protesaksie plaasgevind. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Mandy Hendricks, wat op die perseel woon, sê sy was daardie oggend by ’n nabygeleë winkel, waar sy gehoor het “mense beplan om die skool te bom”. Sy sê die polisie het baie vinnig reageer ná hulle in kennis gestel is. “Hulle het hul hande vol gehad, maar ek haal my hoed af vir elkeen van hulle.” Hendricks is oortuig die plaaslike leier van ’n sekere politieke party sit agter die oproer en sê die aanval op die gebou is goed beplan. Met TygerBurger se besoek het sy uitgewys dat meeste van die ruite met klippe uitgegooi is voor die eerste petrolbom gegooi is. Op Dinsdag 28 Julie was daar nog ’n petrolbomaanval. Wat Hendricks veral ontstel, is dat kinders betrokke was. “In plaas van ’n pen sit hulle petrolbomme in kinders se hande”, sê sy oor die opstokers. “Daai look op die kinders se gesigte – dit was asof hulle dit geniet het. Dit was walglik om te sien”. Daar was geen leerders teenwoordig in die betrokke geboueblok, die meisieskoshuis, tydens die aanvalle nie. Die personeel en huurders wat daar gewoon het, het sedertdien na die aanliggende blok geskuif. Hendricks woon by haar broer en het ’n
ses maande oue baba wat “nou reeds deur ’n bomaanval is. Dit het gelyk soos Afganistan hier.” Sy sê die skool het ’n voedingskema en doen baie vir die gemeenskap. Dat die behuisingsnood groot is, kan gesien word aan die ‘‘hokkies’’ wat so te sê daagliks opgesit word langs die skool, maar om skole of sakeondernemings aan te val, is nie die oplossing nie, sê Hendricks. “In dié land het ’n mens twee keuses – jy gaan werk vir jou plot of jy wag jou 20 jaar af”. ’n Kruidenierswarewinkel, die Family Store in Kalkfontein, het ook verlede week onder ’n stropery deurgeloop. “Daai mense (die winkeleienaars) het hard gewerk. What’s the use of living, as jy net wil hê, hê, hê?” vra Hendricks. Bronagh Hammond, woordvoerder van die WesKaapse onderwysdepartement, sê Bet-el-Skool bied onderrig vir matig tot ernstige verstandelike gestremde leerders. Van die leerders wat juis nie in hul eie gemeenskappe toegang het tot spesialisprogramme nie, word in die koshuise gehuisves. Die skade aan die fasiliteite sal beslis ’n nadelige uitwerking op dié leerders hê, sê Hammond. Sy sê na wat berig word het die geweld te doen met grondeise in die omgewing. “Ongeag die rede vir die protes, die beskadiging van eiendom wat in die behoeftes voorsien van sommige van ons mees weerbare leerders, is heeltemal onaanvaarbaar.” Hammond sê die departement het met die polisie en veiligheidstrukture in die gemeenskap kontak gemaak vir verdere bystand. “Ons doen ook ’n beroep op die gemeenskap as geheel om die skool se veiligheid te help verseker.”
“In plaas van ’n pen sit hulle petrolbomme in kinders se hande . . . Daai look op die kinders se gesigte – dit was asof hulle dit geniet het.”
Die koshuisgedeelte van die Bet-el_Skool is beskadig.
FOTO: CARINA ROUX
MINI-MARK
WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS
ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1W96QF1-AL050820