PAROW
X1W1NJDW-AL120220
Woensdag, 12 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Amper tyd ... Die dirigente en atletiekkapteine is reg vir vanjaar se MTBS-byeenkoms wat op Saterdag 15 Februarie tussen die hoërskole D.F. Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg plaasvind. Op die foto is (agter van links) Heinrich Crous (atletiekkaptein: D.F. Malan) en Francois Grobler (hoofdirigent: D.F. Malan). Derde ry: Francois Joubert (atletiekkaptein: Stellenberg), Jenna van der Watt (hoofdirigent: Stellenberg), Marga van der Linde (atletiekkaptein: D.F. Malan), Carli Roos (hoofdirigent: D.F. Malan), Handré Carstens (atletiekkaptein: Bellville), Muller Loubser (hoofdirigent: Bellville). Tweede ry: Ingeborg Louw (atletiekkaptein: Stellenberg), René de Villiers (hoofdirigent: Stellenberg), Sean Coetzee (hoofdirigent: Tygerberg), Jadon Bruintjies (atletiekkaptein: Tygerberg), Elzani Gelderbloem (atletiekkaptein: Bellville) en Milan Coetzee (hoofdirigent: Bellville). Voor is Jessica Kleinbooi (hoofdirigent: Tygerberg) en Lize-Mari Gerber (atletiekkaptein: Tygerberg). Die pawiljoenvertoning sal van 09:00 tot 09:45 in die Kaapstad-stadion plaasvind. Kaartjies vir die pawiljoenvertoning is by Computicet beskikbaar en kos R60 (R30 vir voorskoolse kinders). Die atletiekbyeenkoms sal van 11:00 tot 19:00 in die Groenpunt-stadion plaasvind. Toegang is R20. FOTO: EARL HAUPT
CAREL DU TOIT-SENTRUM: VROEË INTERVENSIE IS BELANGRIK
Tweede kans vir dowes RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
N
et een besoek aan die Carel du Toitsentrum is genoeg om jou die klein goedjies in die lewe te laat waardeer. Daar ontvang ouers soms die slegte nuus dat hul kinders gedeeltelik of totaal doof is, en ook goeie nuus – dat hul kinders gehelp
kan word, onderrig kan ontvang en uitstekend vorder op akademiese en sportvlak. Die sentrum is, soos die skool se leuse dit uiteensit, “waar dowe kinders leer praat”. Die sentrum is by die Tygerberg-hospitaal in Parow geleë en het tans 120 leerders vanaf graad R tot 3. Om seker te maak dat hulle die beste onderrig ontvang, is daar ’n multidissiplinêre span opvoeders, maatskaplike
werkers, oudioloë en arbeidsterapeute. Die sentrum is in 1973 gestig deur prof. Carel du Toit. Adri Hodgson, huidige hoof, werk al 28 jaar by die skool. “Sedert die skool gestig is, is daar net een kriteria, dat jy ’n gehoorverlies het, ongeag jou ras, geloof of sosio-ekonomiese omstandighede. “Niks hiervan het saak gemaak nie. As jy
’n gehoorverlies het, was dít die plek vir jou,” verduidelik Hodgson, wat dowe-onderwys by die Universiteit Stellenbosch studeer het. Die sentrum bedien kinders wat doof is, sowel as kinders met ’n gehoorverlies. Die skool glo in vroeë intervensie, sê Hodgson. V Na bladsy 2
AKADEMIE CULTURE SPORT TRADITION GEES
X1W1GE1H-AL120220