PAROW Purchase any
or
Bedset or Mattress & stand a chance to your share of R250 000 !
WIN
Valid @ all branches until Friday 30 April 2020
T’s & C’s apply
BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 20 Januarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
E&OE
Teken in by www.netwerk24.com.
Help locate lost parrot A Bothasig resident is searching for her lost pet parrot, Ash, who went missing on Thursday 7 January. The African grey is a free flight trained bird and it will respond to people, and should also land on a hand or shoulder when called, owner Lisa Cooper, says. “Please call if seen. He responds to ‘good job’ when being called,” says the owner. Ash accidentally escaped out of a travel box, Cooper says. Anyone with information can call 082 681 8086 or 082 789 1380. PHOTO: NICOLA ROOS
BELVEDERE: STRAATBEWONERS TEISTER INWONERS
“Ons lewe in vrees” RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
I
nwoners van Spes Bona-rylaan in Belvedere, Parow sê hulle is raadop met straatbewoners wat hul gebied teister en soms glo ook by hul eiendom inbreek. Die probleem met die straatbewoners langs die N1-snelweg, waar hulle skuiling soek, kom al ’n geruime tyd aan, meen Kassie Steenkamp, wat al 26 jaar lank in Spes Bona-rylaan woon. Hy sê die doodloopstraat waar hy woon, is reg langs die geboue van PetroSA geleë. Die petroleumreus het egter ’n heining tussen sy eiendom en die N1-snelweg aangebring en dis glo daar waar nou al ’n ruk lank permanente strukture deur straatbewoners opgerig is. Steenkamp sê ’n stegie tussen die huise en die snelweg word gereeld deur straatbewo-
ners gebruik en dat veral dít probleme veroorsaak. “Dit lyk my die doodloopstraat is ’n brandpunt vir misdaad. Alles gebeur hier. “Hier is die afgelope 26 jaar al vyf motors in die straat gesteel,” het hy verlede week aan TygerBurger gesê. Hy sê ’n bos wat reg onder die snelweg geleë is, word gebruik as tuiste en dis hier waar straatbewoners strukture aangebring het. Steenkamp het ’n alarmstelsel, sowel as kringtelevisie, op sy perseel. Hy sê dikwels word duidelik gesien hoe van die straatbewoners snags verby sy huis loop – selfs ná 21:00 wanneer die nasionale aandklokreël in werking tree. “Ek het al telkemale die Stad Kaapstad se wetstoepassers gekontak. Hulle gee ons verwysingsnommers en volg dit op met ’n SMS-
boodskap.” Steenkamp sê ná dit word egter geen ander terugvoering aan hulle verskaf nie. “Ons het al self van hulle gevang waar hulle besig is om in te breek, maar daar kom niks van die sake nie. “Wanneer ons hulle kontak, dan sê hulle die saak is afgehandel. “As die polisie gekontak word, word daar gesê hulle het nie voertuie beskikbaar om uit te kom nie,” sê Steenkamp. Hy sê die polisie ondersoek glo ook sake wat nog onopgelos is. Die kwessie is ook onder die plaaslike wyksraadslid se aandag gebring, sê Steenkamp. ’n Buurvrou van hom, wat anoniem wil bly, het gesê sy vrees vir haar, sowel as haar dogter se lewe. Dié inwoner van meer as 30 jaar sê van die bosbewoners klim dikwels oor haar heining
om toegang te kry tot haar perseel. Haar koperpype is glo in November deur van dié mense gesteel. “Ons kan op die kringtelevisie sien hoe hulle oor die muur klouter. “Ek het hulle gehoor en die ligte aangeskakel en op hulle geskreeu, waarna hulle weggehardloop het. Die pype is steeds nie herstel nie.” Die water het die betrokke oggend deur haar motorhuis tot in die straat geloop. “Al my krane is al mettertyd gesteel, en almal is vervang met plastiekkrane,” sê die inwoner. Sy sê hulle leef in vrees. “Die ding ruk nou heeltemal handuit. Ek het gedink ek wil nooit weer in die tuin loop nie, want ek weet nie wanneer iemand my kan aanval nie. Weet jy hoe angswekkend voel dit?” V Na bladsy 3
NOT ONLY A PLASTIC SHOP the original plastic shop
BUFFS
from only
0 R10.00
Hangers heavy duty
Pool Noodles
0 /5 pack R9.90
0 R21.50
ORION mid-back chair
Fire lighters
R59.90 0
R12.90 0
3 Montague Drive Montague Gardens - Tel: 021 5515790
Find us on FACEBOOK
Find us on TWITTER
WHILE STOCKS LAST.
Follow us on Facebook for exciting SPECIALS
NEW Have a look at our new website e www.plasticsforafrica.co.za X1WH8XMM-AL200121