TygerBurger Parow - 26 August 2020

Page 1

PAROW

Woensdag, 26 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

NAVORSING: REKENAAR-KLANKANALISES ONDERSKEI TUSSEN SIEKTES

Covid-toep ontwikkel RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

S

edert die uitbreking van die Covid-19pandemie is heelwat wetenskaplike navorsing wêreldwyd uitgevoer om ’n entstof te vind. Gesondheidsfasiliteite moes hulle ook haas om hulpbronne in plek te stel vir die stygende getal siekes. Plaaslik is ook gepoog om ’n entstof te vind, sowel as maniere om die toetsing te bespoedig. Die pandemie het ook wetenskaplike en mediese navorsers hier die geleentheid gegee om hul kennis oor die virus uit te brei. Een van dié navorsers is dr. Marisa Klopper, ’n wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se Sentrum vir Tuberkulosenavorsing. Die sentrum is in die afdeling molekulêre biologie en mensgenetika by die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Klopper en haar span se navorsing behels die ontwerp van ’n toep (app) vir slimfone wat moontlik sal kan help om mense wat met die virus besmet is deur middel van hul hoes te identifiseer. Sy sê elkeen wat hoes of ’n kuggie het, wonder soms of hulle nie dalk Covid-19 opgedoen het nie, wat ’n onnodige las op die gesondheidstelsel plaas. Verder kan laboratoriums eenvoudig nie byhou met die aanvraag (vir toetsing) nie, sê Klopper. “Ons wil ’n eenvoudige manier vind om ten minste die mense wat eintlik hoes as gevolg van ander oorsake uit te skakel sodat hulle nie ’n laboratoriumtoets hoef te laat doen nie.” Hul span se oplossing is om ’n toep te ontwikkel wat kunsmatige intelligensie sal gebruik om ’n hoes weens die virus te identifiseer. “Verskeie studies het getoon dat rekenaar-klankanalises kan onderskei tussen ’n hoes wat veroorsaak word deur verskillende siektes. Ons span is reeds ’n paar jaar besig met sulke studies om ’n tuberkulose-hoes te kan identifiseer.” Die span moet nou bepaal of ’n hoes weens die Covid-19-virus ook ’n kenmerkende klank het. “Die ideale resultaat sou wees dat Covid-19- hoesklanke uniek is in vergelyking met ander hoesklanke.” Klopper sê hul taak nou is om die rekenaar te leer hoe die Covid-19-hoes klink, en hoe dit nie klink nie.

“As ons met redelike sekerheid ’n Covid19-hoes met ’n rekenaar kan identifiseer, sal ons ’n toep ontwikkel wat gebruikers sal lei om ’n laboratorium-toets te laat doen, of nie. “Die toep sal ook ander simptome in ag neem, aangesien nie almal wat Covid-19 het, hoes nie. Die toep sal gratis beskikbaar gestel word en kan deur enigiemand gebruik word wat vermoed dat hulle Covid-19 het – in die privaatheid van hul eie huis,” verdui-

delik Klopper. Die studie word deur die SAMNR gefinansier. In dié stadium word daar gesoek na kandidate wat die navorsers sal kan help. Klopper sê enigeen met ’n onlangse Covid19-laboratorium-toetsuitslag kan aan die opname deelneem. “Deelnemers sal ’n anonieme aanlyn vraelys voltooi. Dit sluit in vrae oor ouder-

dom, geslag ensovoorts – bloot omdat dit ’n rol kan speel in hoe iemand se hoes klink. Ons samel ook inligting in oor longgesondheid en huidige simptome,” sê Klopper. Verder word ’n klankopname van die deelnemer se hoes gemaak. Sy het ’n beroep gedoen op mense wat ’n Covid-19-toets laat doen het om aan die studie deel te neem. V Besoek besoek http://coughtest.online/ vir meer besonderhede.

Duikmasker in hospitaal aangewend Mediese werkers by die Tygerberghospitaal het met ’n innoverende idee vorendag gekom om hulself teen Covid-19-infeksie te beskerm. Die dokters dra deesdae duikmaskers wat glo beter beskerming bied, sê Laticia Pienaar, hospitaalwoordvoerder. Volgens Pienaar is die maskers aangepas om te verhoed dat hulle Covid-19 by siek pasiënte aansteek. “Gewoonlik word dié soort maskers in tropiese waters vir duik-ekspedisies gebruik. Dit bedek die hele gesig en seël dig om te verhoed dat water deurdring. Met die byvoeging van ’n asemhalingsfilter, waar die snorkel eintlik sou wees, word die dokters by die hospitaal volledig beskerm teen die inaseming van die virus terwyl hulle in hoogs aansteeklike omstandighede werk,” sê Pienaar. Dr. Lizelle van Wyk, ’n neonatoloog en pediater, duik gereeld en het die masker by ’n duik-kollege teëgekom. Die gemodifiseerde masker word nou tydens die behandeling van kinders wat moontlik Covid-19 het deur die pediaters gebruik. Op die foto dra dr. Lizelle van Wyk en prof. Pierre Goussard die nuwe maskers.

SPECIALS VALID UNTIL SAT 29 AUGUST 2020. WHILE STOCKS LAST.

MONTH END SAVERS

Super Fresh Chicken Deals In Store!

/kg

each

R29

/kg

WE ACCEPT ALL MAJOR DEBIT & CREDIT CARDS

R78 99

R10995 99

Mon to Fri - 8:30 to 17:30 Sat 8:00 to 13:00

R2999 /kg

R2699 /kg

R3899 /kg

X1WA66DM-AL260820


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.