TygerBurger Parow - 29 January 2020

Page 1

PAROW

Spotgoedkoop versekering SMS ‘king’ na 31452 vir ‘n kwotasie Standaard SMS tariewe en B’s & V’s geld

FDV nr. 43862

Woensdag, 29 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Kunssentrum bied onderrig aan leerders Greg Lawson bied illustrasie aan by die Tygerberg-kunssentrum, waar talle bekende en suksesvolle kunstenaars, ingenieurs en ontwerpers hul opleiding ontvang het. Die sentrum bied onder meer kuns as skoolvak aan leerders van skole waar dié vak nie aangebied word nie, insluitend die hoërskole Stellenberg, Durbanville, Brackenfell, Edgemead, Bosmansdam, J.G. Meiring, President, Settlers, De Kuilen, Fairbairn, Dunatos, Fairmont en Tygerberg. Lees die volledie berig op bladsy 3. FOTO: RICHARD ROBERTS

AVONDALE-TREINSTASIE: ‘AS MY HOND BLAF, WONDER EK WIE TIK NOU WEER ...’

Kommer oor dwelms RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

I

nwoners van Fairfield Estate in Parow beweer dwelms word by die Avondale-treinstasie verkoop en haweloses oornag daar – enkele meters van waar ’n hoër- en laerskool geleë is.

Dis nog onduidelik wie die verkopers van die dwelms is, maar inwoners vermoed dis mense wat by die stasie slaap. Reimé Wucherpfennig, ’n inwoner, sê pendelaars by die stasie of in die nabye omgewing is ook al in die verlede beroof. Met ’n besoek verlede week aan die stasie was dit egter tjoepstil met geen haweloses in

sig nie. Daar is ook geen pendelaars op die stasie se perronne gewaar nie. Die gebied rondom die stasie is deur die loop van die dag stil, het Wucherpfennig gesê tydens dié besoek verlede Woensdagoggend. “Daar was ’n toename in verdagtes, sowel as in dwelmgebruik, by die stasie, of in die

omgewing van die stasie. Dit wil voorkom asof tik die hoofdwelm is; ons glo ook sterk dat dit die dwelm is wat hier verkoop word.” Wucherpfennig meen die huidige situasie is kommerwekkend, veral omdat daar kinders in die gebied is wat ook die stasie of die voetbrug gebruik. V Na bladsy 2

Ÿ Ÿ Ÿ

Ÿ

X1W0CPBW-AL290120


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.