TygerBurger Parow 20170719

Page 1

PAROW

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

HEARING AIDS

GOSPEL AAND (OUTREACH)

"TRUST GOD" Plek: Ebenette van Wyk Geestelike Sangeres

MICHAEL FOURIE B. Pharm Dip.HAA

HEARING TESTS

Bellville Stadsaal

Datum: 04 Aug 2017 Tyd:

If you are interested sms ‘HEAR’ to 34007

Contracted into Medical Aids DURBANVILLE: Mediplein Medical Centre HEARING CARE CENTRE BRACKENFELL:Medicross Medical Centre, c/o Brackenfell Boulevard & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Centre behind Mkem PAROW: Medicross Medical Centre, McIntyre Road

19h30

Toegang: Gratis Wynand van Wyk Sakeman Evangelis

HEARING AIDS

Navrae (021) 8366500 / 0732030410

By appointmet only

X1TQFQ79-AL190717

Woensdag, 19 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

Call Toll-free 0860666660 or 083 272 3112

X1TQBEP1-AL190717

@TygerBurger

TygerBurger

Inwoners van die woonstelkompleks se motors het behoorlik “geswem” nadat ’n waterpyp gebars het.

PAROWPARK: WOONSTELINWONERS OMGEKRAP OOR GEBARSTE WATERPYP

Swem, Jannie, swem! AVRIL FILLIES

I

nwoners van die woonstelkompleks in Parowpark het die afgelope twee weke na hul motors “geswem” toe ’n waterpyp op Woensdag 30 Junie gebars het. Liters water het weggeloop en in die lig van die waterkrisis in die Wes-Kaap en die vlak 4-waterbeperkings wat nou ingestel is, was die inwoners van die woonstelkompleks behoorlik omgekrap. Van die inwoners wou weet waarom daar twee agtereenvolgende weke aan die gebarste pyp gewerk is, en dit toe nie herstel is nie.

Xanthea Limberg, burgemeesterslid vir informele behuising, water en afvaldienste en energie van die Stad Kaapstad, het by navraag gesê dat die kompleks deur die departement van behuising van dienste voorsien word. “Op Woensdag 5 Julie is ’n kontrakteur deur die departement aangewys om herstelwerk aan die interne brandkrane te doen. Wanneer ’n brand in ’n woonstel uitbreek, sprei die brandkrane outomaties water om die brand te blus. Die brandkraan werk op dieselfde beginsel as die rookalarm, wat ook water vrystel wanneer daar ’n brand is,” het Limberg gesê.

Die kontrakteur kon nie die herstelwerk doen nie, en die waterafdeling van die Parow-munisipaliteit is ingeroep om te kom help. “Die week tevore het ’n watertoevoerpyp na die kompleks gebars en die twee voorvalle hou nie verband met mekaar nie. Albei is intussen herstel,” het sy gesê. Volgens Limberg hou die Stad rekord van alle gebarste waterpype wat aangemeld word en besluit dan watter waterpype voorkeur vir vervanging gaan kry. “Ons vervang net die waterpype waar die infrastruktuur meer as een keer gefaal het. Die gebarste waterpyp in Parowpark

was ’n eerste en daarom sal die vervanging daarvan nie in die afsienbare toekoms oorweeg word nie,” het sy gesê. Lekkasies van interne loodgieterswerk in woonstelkomplekse word deur die departement van opgradering en instandhouding van die Stad behartig. “Die departement sal die lekkasies ondersoek soos en wanneer dit voorkom. Ons moet onthou die waterpype verskaf huishoudelike water aan inwoners en daar is nie nou ’n nood om die die pype te vervang nie,” het Stuart Diamond, burgemeesterslid vir bates- en geriewebestuur, gesê. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.