TygerBurger Parow 20170726

Page 1

PAROW

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

• Poles, Latte, Droppers • Decking, Balau etc. • Timbacore Fencing

• Wendy houses & Cabins • Railway sleeper furniture • Structural Timber etc.

Clai Cl aim m yo your ur

20% D IS CO

OUNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply

15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za

X1TR289W-AL260717

Woensdag, 26 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

VOORTREKKERWEG: VERSOEK OM HELE PAD OP TE KNAP EN TE VERFRAAI

Stad moet nou belê

Verkeer hoop op terwyl aan die middelmannetjies gewerk word. Veral spitstyd is vir motoriste ’n nagmerrie.

AVRIL FILLIES

D

it sal goed wees indien die Stad Kaapstad die ganse Voortrekkerweg binne die grense van dié korridor se stadsverbeteringsdistrik, oftewel die VRCID, kan opknap en verfraai. Dié stadverbeteringsdistrik strek vanaf Parow tot Bellville al met Voortrekkerweg langs, maar sluit ook Durbanweg tot by die N1 in Bellville in. Dié wens is uitgespreek deur Hardus Zevenster, voorsitter van die VRCID-direksie, nadat die laaste van R2 miljoen wat bewillig

is vir die opknapping van Voortrekkerweg in Parow, gebruik is om die middelmannetjies daar te plavei en te verfraai. Die geld vir dié opknapwerk in Voortrekkerweg is bewillig uit die integrale stadsontwikkelingsfonds – wat ook geld beskikbaar stel aan die agt metropolitaanse munisipaliteite om areas te verbeter waar die publiek van openbare vervoer gebruik maak. Zevenster is dit eens dat daar egter na die hele Voortrekkerwegkorridor se skoon- en netheid gekyk moet word. “Sonder sigbare belegging deur die Stad gaan beleggings deur sakeondernemings en

SUPER SAVERS

TASTY TENDER SIRLOIN

BACK 2 SCHOOL COMBO

+ FRENCH POLONY 750G + COOKED SALAMI 800G + HAM & TONGUE 750G + SMOKED VIENNAS 1KG

70

.00

per combo

SAVE R23.95 P/COMBO

ander beleggers nie plaasvind nie. Dit is tyd dat die Stad dieselfde beleggings in Bellville en (die res van) Parow doen as in die middestad van Kaapstad,” het Zevenster gesê. By navraag het Siyabulela Mamkeli, burgemeesterskomiteelid vir die sentrale area, genoem dat die R2 miljoen wat vir Voortrekkerweg bewillig is, oor ’n tydperk van twee jaar toegeken is. Omdat die projek deurlopend is, is R1 miljoen toegeken vir die 2016/17-finansiële jaar en die tweede R1 miljoen vir die huidige finansiële jaar. Hy het genoem dat dít insluit dat plantbeddings met ’n grondlaag bedek sal word om

77

.99 p/kg

BRITOS GRABOUW BOEREWORS

CHICKEN BRAAIPACK

69

.99 p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from 26th - 29th July 2017. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

water te bespaar, en dat die bestaande ficusbome sal vervang word met bome waarvan die wortels nie so baie skade aan die pad sal aanrig nie. Hierdie maatreël moet dan ook as ’n filter dien om geraas en besoedeling van verkeer te beperk. “Die plante en bome wat aangeplant gaan word, sal met gryswater natgelei word, omdat ons nog steeds ’n waterskaarste in die Wes-Kaap het. Ons stel dus ’n voorbeeld aan die inwoners deur self water te bespaar, want ons almal moet ons bydrae maak om water te bespaar,” het Mamkeli gesê. V Na bladsy 2.

35.99

MIX VEGETABLES 1KG

p/kg

15.99 each


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Parow 20170726 by Tygerburger Newspaper - Issuu