PAROW
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
LOWEST PRICE GARDEN BASICS
COMPOST 15DM WAS 16.95
NOW
8.95
Offers valid until 20 August 2017. While stocks last.
X1TTGFYW-AL160817
Woensdag, 16 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
EXPLORA 2A HD PVR DECODER HOT DEAL
was R1 299
R1
099
Valid @ all branches until Sunday 27 August 2017 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
E&OE
TygerBurger
Voortrekkerweg in Parow vanaf die burgersen trum tot by Pick n Pay in Van Riebeeck rylaan. FOTO: RICHARD ROBERTS
MISDAADBEKAMPING: ONDERNEMINGS SAL MOET INSTEM, SÊ BOCK
VRCID kan Parow help AVRIL FILLIES
H
oekom is Parow nie deel van die stadsverbeteringsdistrik (VRCID) wat die Voortrekkerwegkorridor dek nie? Dít is wat een van TygerBurger se lesers wou weet, aangesien prostitusie, dwelmsmouse, straatmense en ander misdadigers baie bedrywig in die omgewing van die Parow-burgersentrum is, en daar in verlede week se koerant ’n berig verskyn het oor die sukses van die VRCID in die afgelope vyf jaar (“VRCID, 5 years on”). “Hier is geen patrolleerders om te help om die misdadigers vas te vat nie. Die Parow-polisie kan net soveel doen, maar as ons nou deel was van die VRCID, kon hulle en die polisie lankal die probleme in die kiem gesmoor het,” het die inbeller gesê.
“Die VRCID se grens in Voortrekkerweg in Parow stop by Steenbrasstraat, dus ongeveer twee blokke vanaf die Parow-burgersentrum,” het Derek Bock, operasionele hoof van die VRCID, gesê. “Toe ons met die VRCID in 2011 begin het, wou die sakeondernemings in daardie gebied nie deel wees van die VRCID toe daarvoor gestem is nie.” Bock sê die area vanaf die Parow-burgersentrum tot voor Maitland val onder die Stad Kaapstad en alle klagtes word deur die Stad gehanteer. “Die eienaars van geboue vanaf Steenbrasstraat tot by Pick n Pay op die hoek van Voortrekkerweg en Jan van Riebeeck-rylaan (wat na die verkeersligte Giel Bassonweg word), moet almal met die Stad skakel en die proses aanvra.
“Wat dit beteken is dat, sou ons tot daar uitbrei, al die sakeondernemings daartoe moet instem. “Eers as ons almal se toestemming het, kan ons die proses begin om die gebied by die VRCID in te lyf,” het Bock gesê. Volgens hom is die aanvanklike grense in 2011 deur die Stad en die stigterskomitee van die VRCID vasgestel. “Om ons taak as VRCID ligter te maak, kan die sakeondernemings by hul plaaslike buurtwagte aansluit of ophou om vullis op straat uit te sit. “Eienaars van geboue moet ook ophou om net aan huur te dink, en moet sorg dat hul geboue netjies, skoon en veilig is,” het hy gesê. “Die kruising tussen Tallentstraat en Voortrekkerweg is ’n misdaad-hotspot. “Straatrowe vind gereeld daar plaas. Dié hotspot dra by tot die hoë misdaadsyfers van
die Parow-polisie en verskerpte polisie-optredes word gereeld daar gedoen,” het kapt. Kevin Williams, woordvoerder van die Parow-polisie, gesê. Volgens hom word gereelde klopjagte uitgevoer. “Die deursoek van verdagtes en arrestasies word daagliks deur polisiebeamptes uitgevoer. Baie aandag word ook aan prostitusie gegee en die prostitute word gewaarsku en indien nodig, van die pad verwyder,” het Williams gesê. Hy het ook die senior burgers aangeraai om liewer in groepe van twee of meer te loop. Hulle moet ook die kruising van Tallentstraat en Voortrekkerweg vermy. “Indien hulle iets verdags in die straat opmerk of onveilig voel, moet hulle die polisie dadelik skakel,” het Williams gesê. V Na bl. 2
DESIGNER INDOOR & OUTDOOR LIGHTING SOLUTIONS BELLVILLE MONTAGUE GARDENS NORTHGATE ESTATE
021 949 2520 021 551 5556 021 511 0170
12 La Belle Park, La Belle Rd, Stikland John Montague Centre Unit 1, Gold Street, Ysterplaat
www.aroralights.co.za