PAROW
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
FREE TREES GET A FREE TREE WITH AT LEAST 1 BAG OF COMPOST 15DM FOR R17
11 PERSEPT FAMILY T'C & C'S APPLY
X1TTGFYX-AL300817
Woensdag, 30 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
HOËRSKOOL TYGERBERG: EKOVRIENDELIKE PROJEK INGESTEL
Die groentetuin en natuurreservaat van die Hoërskool Tygerberg.
T iere n ou Tiere nou b ewus v an bewus van o mgewing omgewing AVRIL FILLIES
L
eerders van die Hoërskool Tygerberg in Parow is almal by ’n eko-vriendelike projek betrokke waarby nie net die leerders nie, maar ook die gemeenskap baat vind. “Ons wil die leerders bewus maak van hoe om in ’n eko-vriendelike omgewing te leef en hoe maklik dit is om hul kennis aan hul gemeenskap oor te dra,” het Jana Reynolds, onderwyser en organiseerder van die projek by die skool, gesê. Die uniekheid van die projek is dat leerders leer dat hulle verantwoordelik gehou word vir elke aksie wat hulle uitvoer. “Ons het al vir jare ’n groentetuin by die skool en het dit nou uitgebrei na ’n natuur-
GREAT BRANDS
tuin. Elke graad het ’n bepaalde taak wat in die natuurtuin verrig moet word. Die graad agts het die groentetuin ’n facelift gegee. Hulle is geleer om te plant, te oes en om vir hulself en ander te voorsien. Van die groente wat geoes word, word aan behoeftige gesinne gegee,” het Reynolds gesê. Die graad neges leer van die impak van elke individu op aarde. Hulle taak is om openbare areas skoon te maak. “Ons beoog om in samewerking met skole in die omgewing ’n gesamentlike skoonmaaksessie aan te pak. Die skoonmaaksessie kan die opruiming van rommel op ons strande of parke insluit. “Die graad tiens is verantwoordelik vir die instandhouding van die skoolterrein en moet rekenskap gee oor die skool se groen
TygerBurger
spoor. Ons gebruik opgaartenks om water op te vang wat van die berg afloop en besproei die tuin en velde daarmee. “Ou toerusting word herwin en op die skoolterrein aangebring as verfraaiing. ’n Voorbeeld hiervan is die ou laboratoriumstoeltjies wat nou as sitplekke op die skoolterrein pronk,” het Reynolds gesê. Die graad elfs is verantwoordelik vir die stukkie “natuurreservaat”, wat goedgunstiglik deur die Stad Kaapstad aan die skool geskenk is. “In die natuurreservaat is daar bedreigde fynbos waarna omgesien word. Ons roei ook indringerplante uit soos die morning glory en kap indringerbome uit. Ander bedreigde spesies in ons reservaat is die Aurora-huisslang, vygies, verkleurmannetjies, die Kaap-
se reënpadda en die klaasneusmuis,” het sy gesê.Wanneer die leerders in matriek kom, weet hulle hoe belangrik dit is om ’n ekovriendelike leefstyl te leef. “Dis hul taak om spaarreëls by die skool toe te pas. Hulle skakel ligte af wat onnodig brand en draai krane toe wat drup. “Die matrieks is die ouer broers en susters van die skool wat seker maak dat die jonges die reëls volg,” het Reynolds gesê. Die matrieks het ook ’n blikkieveldtog begin waarin hulle in ’n maand net minder as 100 000 blikkies ingesamel het. “Ons almal weet hoe maklk gooi mense koeldrankblikkies weg en die meeste van die blikkies wat deur die matrieks ingesamel is, was juis koeldrankblikkies. V Na bladsy 2.
MORE GREAT ST
BIG SAVINGS
Solly Smiedt Street, Goodwood
Spring
Household & Beds From HoFurniture me (021) 595 0141 Dial-a-Bed (021) 595 2518 Cash Crusade rs (021) 595 0060 Furnicraft (021) 595 2909 Lotters Pine Fu OK Furniture rniture (021) 595 1355 (021) 596 1370 Gelmar (021) 035 0080 Speciality Paul Bothner Mu sic (021) 595 2444 Pet World (021) 595 1985 Plastics Depo t (021) 595 0128 China Town (021) 595 2092 Services PostNet (021) 595 3733 Security Supe (021) 595 2155 Cartridge Wa rstore N1 Cellular rehouse (021) 595 1164 (021) 595 1516 Tyger Car Wa sh (082) 455 8209
is our thing!
ORES
Health and Be Spectacle Wo auty (021) 595 3410 Vape Africa rld (021) Beauty Box Ha irstylists (021) 595 0053 595 1517 Food & Take Aw Domino’s Pizza ays (021) 595 0147 Pizza Hut (021) Food Lover’s Market (021) 200 8320 KFC 595 4558 (021) 595 3725 Nando’s (021) 595 0081 Nibbly Bits (021) 595 0279 Tikka Ways (021) 595 0167 N1 Chinese Supermarket (021) 595 2093 Sports & Fitnes The Pro Shop s (021) 510 8288 Virgin Active (021) 595 3030