TygerBurger Parow 20170906

Page 1

PAROW

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Electricity Cost Hurting Your Pocket ? Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only

R 399 pm Tel. 0861 115 115

www.mrsola.co.za

Woensdag, 6 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Die Jack Muller/Danie Uys­gemeenskapspark in Boston.

JACK MULLER/DANIE MARAIS­PARK: MENSE GEWAARSKU TEEN WELGEKLEDE MAN

Drawwer aangeval AVRIL FILLIES

D

rawwers en bejaardes wat die Jack Muller/Danie Uys-gemeenskapspark in Boston gebruik, word gewaarsku teen ’n welgeklede man, wat mense aanval en van hul besittings beroof. ’n Vrou van Oostersee het op Maandag 28 Augustus in die park gaan draf nadat sy haar kind by die skool afgelaai het. “Ek draf elke dag vanaf 09:00 vir sowat 45

minute en dis die eerste keer dat ek aangeval word. Gewoonlik wemel die park van drawwers of mense wat met hul honde gaan stap, maar Maandag was daar niemand in sig nie,” het sy gesê. Sy het haar motor in Langenhoven-straat parkeer en die man in die parkie gesien, maar nie baie aandag aan hom geskenk nie. “Ek het omtrent twee blokke ver gedraf toe ek besef dat ek nie my waterbottel by my het nie.

“Ek het omgedraai en die man aan die agterkant van my motor sien sit. Hy het toe probeer om ’n geselsie aan te knoop, maar ek het nie my rug na hom gedraai nie. Ek het die waterbottel uit die motor gehaal en opgemerk daar is ’n oop wond aan sy hand,” het sy gesê. Sy het ongemaklik in die man se teenwoordigheid gevoel en hom gevra om sy afstand te hou. Sy het toe verder gaan draf en eers 45 minute later terug by haar motor gekom.

“Dis toe dat ek sien die man het my die hele tyd agtervolg tot by my motor. Daar is net een sekerheidswag in die park en ek het hom op pad raakgeloop, terwyl hy in die teenoorgestelde rigting as waarin ek gedraf het, geloop het,” het sy gesê. Toe sy besef dat die man haar agtervolg, het sy probeer weghardloop van haar motor, maar hy het haar omgestamp en iets teen haar kop gedruk. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.