PAROW
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SPRING HAS SPRUNG
MARIGOLD 6 PACK
Electricity Cost Hurting Your Pocket ? WAS 21.95
NOW
12.95
Offers valid until 1 October 2017. While stocks last.
Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
R 399 pm Tel. 0861 115 115
www.mrsola.co.za
X1TWPMM2-AL270917
Woensdag, 27 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Nuwe gedenktuin word by hospies ingewy Michelle Avontuur, woordvoerder van die Tygerberghospies, staan hier in die nuut ingewyde gedenktuin van die hospies. Lees meer hieroor op bl.8.
PAROWPOLISIE WAARSKU: WEERLOSES MOET VERAL BEDAG WEES
Slenters gaan gedy AVRIL FILLIES
M
et Kersfees om die draai gaan skelmstreke en bedrog weer hoogty vier, en dis gewoonlik die weerloses soos bejaardes wat aan die kortste ent trek. Die Parow-polisie het ’n dringende beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees vir verskeie slenters wat nou weer kop uitsteek in Parow. “Die grootste probleem is dat die publiek goedere koop en gevra word om geld in een of ander rekening oor te betaal voordat die goedere afgelewer of oorhandig word. “Die Parow-polisie se bedrogafdeling is
tans besig om verskeie sake van bedrog op te volg en ons hoop om binnekort mense te arresteer,” het kapt. Kevin Williams, woordvoerder van die Parow-polisie, gesê. Volgens Williams is daar verskeie modus operandi wat die bedrieërs inspan. “Wanneer jy jou goedere op die internet of in koerante adverteer, doen mense hulle voor as potensiële kopers en stem in om die verkoper te ontmoet om die goedere te ontvang. “Die verkoper ontvang dan ’n SMS om te sê dat die geld inbetaal is in sy of haar bankrekening. Die verkoper ontmoet dan die koper en oorhandig die goedere – onder die in-
druk dat die geld veilig in sy of haar bankrekening is. “Dit is ’n vals kennisgewing wat jy op jou selfoon ontvang. Die verkoper moet eers seker maak of die geld in sy of haar bankrekening inbetaal is voordat die goedere oorhandig word. Bel jou bank om seker te maak dat die geld wel inbetaal is,” het Williams gesê. Plaaslike sakeondernemings kom ook nie skotvry nie en verloor derduisende rande deur ’n soortgelyke bedrogspul. “Kamtige kopers skakel sakeondernemings om ’n kwotasie te vra vir goedere. Wanneer hulle die kwotasie het, faks hulle ’n bewys van die EFT-betaling en stuur dan
iemand anders om die goedere te kom afhaal,” het Williams gesê. Hy het plaaslike sakeondernemings versoek om ook seker te maak dat die geld wel inbetaal is in hul bankrekeninge voordat die goedere oorhandig word. “Die vals faks kan dien as ’n bewysstuk wanneer ’n bedrogsaak geopen word. Dieselfde geld vir e-posse of ander fakse van verskaffers wie se bankbesonderhede skielik verander het. Bel jou verskaffer om seker te maak dat sy bankbesonderhede wel verander het, voordat jy geld in die jongste rekening inbetaal,” het hy gesê. V Na bladsy 2.