RAVENSMEAD
G-CITI CAMPUS
BELLVILLE CAMPUS
13 Blanckenberg Road 1ST Floor, Belle Cape Building, Bellville
ELSIES RIVER CAMPUS I-CAN Centre
268 Halt Road | Elsies River
Your Future Is Digital !!!
Open Day 20th July 2019 09h30 - 12h00 Open Day 27th July 2019 09h30 - 12h00
BURSARY OPPORTUNITIES 2019 OFFICE ADMIN | IT WEB SPECIALIST IT TECHNICIAN | GRAPHIC DESIGN
APPLY ONLINE: http://bursaries.gciticampus.academy
Woensdag, 10 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK. Teken in by www.netwerk24.com.
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
POLISIEMANNE: GAAN HAAL VERMISTE OP ESWATINI-GRENS
‘Menswees kom eerste’
Konst. Emile Faroa en ao. Mikey Daniëls op pad om Danzil Daniëls te gaan haal.
BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
N
á 29 jaar in die polisie glo hy steeds jy moet eers ’n mens wees alvorens jy ’n polisiebeampte is. Ao. Michael “Mikey” Daniëls het al alles in die polisie gesien en ervaar, maar dit is iets wat hy onlangs gedoen het wat hom na aan die hart lê. Hy en ’n kollega het al die pad na die grens van Eswatini (voorheen Swaziland) gery om ’n man, Denzil Daniëls, wat vir ses jaar vermis was te gaan haal. Denzil se bejaarde ma het nie die geld of vervoer gehad om hom te gaan haal nie. Mikey en Denzil het geen familie-verwantskap nie.
“Dit was net normaal dat ons hom moes gaan haal, want sy ma kon dit nie doen nie,” sê Mikey. Toe Mikey 29 jaar gelede in die polisie begin het, was hy in die spoorwegpolisie, waarna hy ’n draai by die bende-eenheid gaan maak het. Al is hy oorspronklik van Matroosfontein werk hy die laaste 20 jaar werk in Delft. “Ek is al deel van hierdie gemeenskap. Mense ken my en hulle weet dat ek hul belange op die hart dra. Misdaad is ’n groot probleem in Delft, maar uiteindelik moet mens nie vergeet dat hier gewone mense bly nie. Hulle het dieselfde drome en dieselfde vrese as wat enigiemand het. Dit is hoekom dit belangrik is dat ’n poli-
sieman eerstens ’n mens moet wees, iemand wat omgee vir ander mense,” sê Mikey. Toe hulle hoor Denzil is gevind en hulle die nuus aan sy ma oordra, was daar geen twyfel by hom en kollega, konst. Emile Faroa, dat hulle die tannie moet bystaan nie. “Ons het hulp gesoek en besluit ons ry sommer met my motor. Wat anders kan jy doen as daar ’n ouer is wat vir ses jaar geglo het haar seun is dood? Ek sal nooit die blye weersiens vergeet nie,” sê Mikey. Emile sê die ervaring was lewensveranderend. “Ek sal die blydskap op ma en seun se gesigte nie vergeet solank ek lewe nie. Dit is só maklik vir iemand om weg te raak en in meeste gevalle word die per-
soon nooit weer lewend gesien nie. Hierdie is ’n wonderwerk,” sê Emile, wat in Delft woon. Hy wou nie eintlik hê die storie moet so groot gaan nie. “Die tannie het regtig hulp nodig gehad en ons het net ons werk gedoen. Ek wil niks hieruit hê nie, maar is net bly die storie het ’n gelukkige einde,” sê hy. Mikey sê die uitdaging is om uit te vind hoe Denzil in Eswatini beland het. “Hy is baie deurmekaar en kan nog nie ’n besliste antwoord gee oor hoe hy daar beland het nie. Ons hoop om agter die waarheid te kom,” sê Mikey. VVertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.
DONATE FOR THE HOMELESS
Pam Golding Properties will be hosting a Street Store for the homeless on 20 July at Elim Night Shelter.
Please drop your donations off at the Pam Golding Expo at Vangate Mall 24th – 30th June or the Goodwood PGP Office at Unit 3, On The Boulevard,159 Vasco Boulevard, Goodwood GOOD QUALITY CLOTHES • BLANKETS • SOCKS • BEANIES • SHOES up until 3pm on 19 July.
ELIM NIGHT SHELTER • 20 JULY 2019
Alternatively, contact us to collect from you.
Elim Night Shelter, 47 3rd Avenue, Elsies River Industrial • www.elimnightshelter.webs.com Goodwood Office 021 591 1109 • goodwood@pamgolding.co.za