RAVENSMEAD
Woensdag, 10 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Maan betower Lorraine Mathewson, ’n afgetrede bibliotekaresse van Brackenfell, het verlede week dié foto geneem van die maan soos dit oor die Bottelaryheuwels opkom. FOTO: LORRAINE MATHEWSON
SILVERSANDS: MAN MET COVID-19 WAARSKU GEMEENSKAP
‘Slaan ag op virus’ BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
’n
Inwoner van Silversands, wat tans tuis herstel van die koronavirus, sê hy wil mense waarsku om nie dié virus ligtelik op te neem nie. Isaac Stevens het vermoedelik die virus by ’n begrafnis opgedoen en is steeds in isolasie by die huis. “My vrou was waarskynlik die mens wat die meeste gedoen het om ons teen die virus
te beskerm, maar steeds het dit ’n weg tot in ons liggame gevind. Sy het elke ding wat in die huis ingekom het, ontsmet in ’n poging om seker te maak ons is veilig, maar tevergeefs. Ons het onsself vroeg reeds laat toets en hoewel ons aanvanklik negatief getoets het, het ek kort ná my pa se begrafnis begin siek voel. Ek het aanmekaar begin hoes en erge griepsimptome begin ontwikkel. Ek kon ook niks proe nie. ’n Toets kort daarna het die ergste bevestig,” sê Stevens. Sy vrou, Jolene, is ook intussen positief ge-
toets. “Die vrees vir wat kan gebeur is die ergste. ’n Mens sien op die televisie dat mense reg oor die wêreld aan die virus sterf en steeds is daar mense wat nie gehoor gee aan waarskuwings om tuis te bly nie. “Ek sien hoe gaan dit hier in die straat voor my huis en dit maak my bang dat die virus nog verder gaan versprei,” sê Stevens, wat ook ’n diabeet is. Hy het verlede week groot geskrik toe sy gesig skielik begin skeeftrek het.
“ ’n Vriend van my het met my hospitaal toe gejaag en ek het gevrees ek het dalk ’n beroerte gehad. “Genadiglik is Bell-paralise by my gediagnoseer, wat ’n tydelike verlamming van die spiere in die gesig is. Dit is een van die goed wat kan gebeur as jy die virus onder lede het. “Ek wil ’n ernstige beroep op die gemeenskap van Silversands doen om op die virus ag te slaan. Al dink jy nie aan jouself nie, dink aan die mense wat jy kan besmet as jy siek word,” sê Stevens.