TygerBurger Ravensmead - 22 January 2020

Page 1

RAVENSMEAD

Spotgoedkoop versekering SMS ‘king’ na 31452 vir ‘n kwotasie Standaard SMS tariewe en B’s & V’s geld

FDV nr. 43862

Woensdag, 22 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

ACCORDIONSTRAAT: DIE DAG TOE DIE SKOOL HEROPEN ...

Opgang in Hollywood Anton Jeftha van Belhar is besig om groot opgang in die Amerikaanse filmbedryf te maak. Lees meer oor hom op bladsy 7.

Leerder land met helikopter BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

L

eerders aan die Laerskool Accordionstraat in Belhar het verlede week met oop monde en groot oë gestaan en kyk hoe een van hul skoolmaats met ’n helikopter by die skool afgelaai word. Mehaad Kleinbooi (6) het met ’n helikopter van Cape Town Helicopters (CTH) by die skool opgedaag ná sy ’n kompetisie gewen het. Volgens Roland Hendricks, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het een van die onderwysers, Lynn Williams, met die idee vir die kompetisie vorendag gekom. “Williams se man werk vir ’n helikoptermaatskappy wat soms vlugte reël as ’n welwillendheidsgebaar. Sy het toe met die maatskappy gereël dat hulle ’n helikoperrit as prys borg,” sê Hendricks. Die juffrou het die idee met die skoolhoof bespreek, wat weer op haar beurt met Hendricks beraadslag het. “Ons het reëls vir die kompetisie vasgestel. Dit sou maklik wees om net die slimste kind te kies, maar ons wou almal ’n kans gee. Elke klas moes ’n leerder nomineer wat ten spyte van omstandighede goed vaar in die skool en gehoorsaam is. “’n Trekking is einde verlede jaar tydens die diploma-plegtigheid gehou en Mehaad is gekies.

11 tydskrifte + 35 koerante

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

“Die dag toe die skool heropen, het alle kinders die geleentheid gekry om te sien hoe die helikopter op die skool se veld land en sy uitklim,” sê Hendricks. Toe TygerBurger Mehaad by die skool gaan besoek het sy skaam gesê sy was glad nie bang om in die helikopter te wees nie. “Ek sal dit weer doen,” sê sy. “Ek kon die skool van daar bo af sien.” Astrid Barreiro, skoolhoof, sê Mehaad het die helikopterrit verdien. “Hierdie ding kon nie ’n liefliker kind te beurt geval het nie. So baie dinge gebeur in ons gemeenskap dat so iets ’n kind se hele uitkyk op die lewe kan verander,” sê Barreiro.

Mehaad Kleinbooi (6) is hier by die skoolhoof, Astrid Kleinbooi. FOTO: BRENDEN RUITER

Teken in by www.netwerk24.com.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.