TygerBurger Ravensmead - 3 July 2019

Page 1

RAVENSMEAD

G-CITI CAMPUS

BELLVILLE CAMPUS

13 Blanckenberg Road 1ST Floor, Belle Cape Building, Bellville

ELSIES RIVER CAMPUS I-CAN Centre

268 Halt Road | Elsies River

Your Future Is Digital !!!

Open Day 20th July 2019 09h30 - 12h00 Open Day 27th July 2019 09h30 - 12h00

BURSARY OPPORTUNITIES 2019 OFFICE ADMIN | IT WEB SPECIALIST IT TECHNICIAN | GRAPHIC DESIGN

APPLY ONLINE: http://bursaries.gciticampus.academy

Woensdag, 3 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

DENZIL DANIËLS: IN ESWATINI OPGESPOOR

Lewend gevind ná 6 jaar BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

GrandJol a hit! The sensational Amy Jones who performed at TygerBurger’s GrandJol at Grandwest on Saturday 29 June had the crowd on their feet! The former Stellenberg High School learner danced with the crowd to the hit song “You & Me”. Other artists including Robin Pieters from The Voice SA, local hit-maker Jarrad Ricketts TygerBurger’s Karaoke soos ’n Ster competition contestants, Feodossia Charles and Samantha Fillis also performed. See more photos on page 12. PHOTO: THABANG KUAHO

ie man van Delft wat ná ses jaar in Eswatini (voorheen Swaziland) opgespoor is, is by die Karl Bremmer-hospitaal ingeboek sodat verdere toetse op hom gedoen kan word. Denzil Daniëls is ses jaar laas voor sy ouerhuis in The Hague gesien, waarna hy soos ’n groot speld verdwyn het. Hy is die volgende dag deur sy ouers, Jane en David Daniëls as vermis aangemeld en vir jare is daar oral na hom gesoek. Nie sy familie óf die polisie kon ’n spoor van hom vind nie. Die ouers was só moedeloos dat hulle twee jaar gelede ’n gedenkdiens vir hom gehou het. Volgens past. Charles George, voorsitter van die Delft-gemeenskapspolisiëringsforum, het die ouers begin glo dat hulle nooit hul seun lewend sal sien nie. “David en Denzil se ouer broer Denver het intussen gesterf sonder dat hulle ooit geweet het wat van hul geliefde geword het. Niemand het ooit geglo hy sal weer terugkom nie,” sê George. Tot die Eswatini-polisie onlangs ’n verstandelik gestremde man buite ’n winkelsentrum in asblikke sien krap het. Toe hulle hom nader het hy wonderbaarlik sy ouers se adres

in Delft onthou. Die Eswatini-polisie het die polisie in Delft gekontak, wat op hul beurt vir George gekontak het om te help om die familie op te spoor. “Dit is voorwaar ’n wonderwerk dat hy lewe en dat hy nog die adres kon onthou. Daar is so baie vrae oor hoe hy daar beland het, maar vir nou is die ma net verheug dat sy haar seun weer kan sien. Mens kan net dink hoe sy oor die jare geworstel het met vrae,” sê George. Daniëls is die afgelope naweek hartlik by die huis verwelkom nadat twee polisiebeamptes van die Delft-polisie en sy ma hom by die grenspos van Eswatini gaan haal het. Die noodhulporganisasie, Gift of the Givers, het gehelp om Daniels weer veilig by die huis te kry. Volgens George is die familie verheug dat Daniëls weer tuis is. Hulle word in hierdie stadium tyd gegun moet om die hele aangeleentheid te verwerk. “Ek wil ook ’n beroep op die media doen om hulle tyd te gee, want hierdie is ’n groot gebeurtenis. Die dokters het ook gemaan dat hulle nie weet wat Denzil se geestestoestand is nie en wat hy alles oor die jare ontbeer het nie. Hy ondergaan nou verskeie toetse,” sê George. VVertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.