TygerBurger Ravensmead - 5 August 2020

Page 1

RAVENSMEAD

Woensdag, 5 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Valhalla Drive closed off Kalksteenfontein residents blocked a section of Valhalla Drive on Friday 31 July after being without electricity, allegedly as a result of cable theft. Read the story on page 5.

KLEINVLEI: DÍS WAT DIE SYFERS WYS

Seksmisdade neem toe BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

K

ontakmisdaad in die gebiede wat deur die Kleinvlei-polisie bedien word, het die afgelope boekjaar met 7,7% toegeneem, met seksmisdade wat met 5,9% gegroei het. Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag die nasionale misdaadstatistieke bekend gemaak. In sy toespraak het Cele daarna verwys dat kontakmisdaad soos moord nasionaal afgeneem het.

Dieselfde kan ongelukkig nie van die Kleinvlei-gebied gesê word nie. Moord het met 24,6% toegeneem en poging tot moord met 30,3%. Seksmisdade soos verkragting (8,7%) en seksuele aanranding (7,1%) het met 5,9% toegeneem. By die naburige polisiekantoor, Mfuleni, het moord met 7,1% gestyg. Altesaam 165 moorde is in die boekjaar aangemeld. Seksmisdade toon ’n afname van 6,6%. Mfuleni tel egter onder die voorste 30 polisiekantore in die land wat misdaad betref, met ’n algehele toename van 120%.

In Belhar het inbraak by huise met 216,7% toegeneem en motorkapings met 82,4%. Seksuele aanranding het met 13,3% toegeneem. Motordiefstal, wat motorfietse ook insluit, het met 65% toegeneem. In die nabygeleë Delft was daar ’n groot toename van 96,1% in winkeldiefstal. Seksuele aanranding het met 31,7% toegeneem. Julian Untank van die Concerned Residents against Crime sê hul organisasie stem nie saam dat die misdaadsyfers akkuraat is nie. “Mense is al moedeloos oor die polisie se onbevoegdheid. Hulle gaan nie eens meer

na die polisiekantoor om sake aan te meld nie, want hulle weet dit gaan óf sloer óf daar sal glad niks van kom nie. Daar is nie meer ’n vertrouensverhouding tussen die polisie en die gemeenskap nie,” sê Untank. Hy sê ’n ander ding wat hul organisasie hewig ontstel, is dat die polisie as bemiddelaars wil optree. “Baiekeer hoor ons van mense wat sake aanhangig maak en dan vertel word dat die polisie die misdadiger en die slagoffer gaan kry om met mekaar te praat. Hul werk is om die wet toe te pas en nie om as bemiddelaars op te tree nie,” sê Untank.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.