Tygerburger Ravensmead - Belhar 29 Febuarie 2012

Page 1

RAVENSMEAD / BELHAR

HAVE YOU BEEN INJURED? If you have been seriously injured in a motor vehicle accident, train accident, police shooting, or due to medical negligence, you may have a claim against a government department for compensation. We are personal injury attorneys, who specialise in serious injuries. We are prepared to work on a no win-no fee basis. For further queries, contact

B u r g e r

LESTER & ASSOCIATES ATTORNEYS

021 423 4601

E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 29 Februarie 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Oorweldigende reaksie ná berigte

Dit reën goedhartigheid MARANA BRAND VAN HULSTEYN

Dit is weer eens bewys: selfs in tye soos nou, waar almal hulle rieme dun sny, het mense nog baie om te gee. Dis ook bewys dat mense iets wíl gee, regtig wíl help, hulle weet net nie altyd hoe en waar nie. Na aanleiding van twee berigte in TygerBurger verlede jaar oor die nood by die traumakamers van die hof vir seksuele misdrywe in Parow, is hulle oorlaai met goedhartigheid. Selfs groot maatskappye het gereageer. Dié hof bedien die noordelike voorstede en onmiddellike omstreke. Dié kamers kon Donderdag in sy heel nuwe gedaante aan die media en borge gewys word. Monique Strydom se organisasie, Matla a Bana (a voice against child abuse), het dié projek verlede jaar “aangeneem” en TygerBurger se hulp ingeroep om die woord te versprei. “Ons is absoluut oorweldig met oproepe van maatskappye, individue, groepe en skole. Dit was moontlik om baie meer as net die vertrekke vir die kinderslagoffers oor te doen. Ons kon ook die personeel, wat daagliks met seksueel mishandelde kindertjies moet werk, se kantore opgradeer, asook die ingangsportaal. Ons kon ook kaste insit en het ’n groot televisie vir die kinders gekry,” het Monique tydens die geleentheid gesê. “Dis fantasties hoe ’n gemeenskap kon hande vat om ’n groot verskil te maak.” Elke drie minute word ’n kind in Suid-Afrika verkrag. In 80% van hierdie gevalle word die grudade gepleeg deur ’n familielid of iemand wat baie bekend aan die kind is. Dit gebeur ook meestal in ’n plek waar die kind beskermd en veilig behoort te voel, soos in hul

ouerhuis. “Elke jaar word 14 000 mishandelde kindertjies direk geraak deur die hulp en dienste van Matla a Bana. Vanjaar gaan ons dié syfer na 20 000 opstoot,” het Monique gesê. Elton van Rooyen, saakbestuurder by dié hof, het verduidelik hoe die proses werk vandat die kinderslagoffer se saak aangemeld is, tot die kind na dié traumakamers gebring word, en uiteindelik moet getuig. By dié hof kan kinders via videostroming in ’n hofsaak getuig. Dit beteken dat mense in die hofsaal die kind kan sien en hoor tydens getuielewering, maar die kind nie blootgestel word aan die persoon wat hulle seergemaak het of die vreesaanjaende detail van die hofsaak nie. “By ons voel die kind veilig teen die tyd dat sy haar getuienis moet gee. Hier is dit ’n huis weg van die huis af. Ons hanteer hulle nie net met respek nie, maar ook as spesiaal. Dit verseker dat hulle ’n beter kwaliteit verklaring aflê wat baie help om die beskuldigde aan die kaak te stel,” het Van Rooyen gesê. Ronel de Jager, hoofaanklaer in die hof vir seksuele misdrywe, het vir Monique en die gemeenskap vir hulle bydraes bedank. Sy het mense terselfdertyd daaraan herinner dat die kamers voortdurend kos soos 2-minuut-noedels, pap, kitssop en brood nodig het vir die slagoffertjies, sowel as teddiebere. Elke kind kry ’n teddiebeer om huis toe te vat wanneer hulle hofsaak klaar is. “Comfort packs” word ook aan elke slagoffer gegee as hulle by die hof aanmeld kort ná ’n grudaad met hulle gepleeg is. Dié pakke bevat onder meer ’n waslappie, seep, aanspuit-deodorant, skoon onderklere en ’n sanitêre doekie. Dit bly ook voortdurend in aanvraag, “en maak ’n ongelooflike verskil aan die slagoffer,” het Monique gesê. . Na bladsy 2.

Oee, dis koud!

Khensani September (graad 3) plons in die water aan die onderkant van ’n waterglybaan tydens Saterdag se waterkaskenades by die Laerskool Panorama. Nog foto’s op bl. 28. Foto: Carina Roux

O P T O M E T R I S T S

Mon - Friday 9:00 - 18:00 Friday (Closed 12:30 - 14: 00) Saturday 9:00 - 13:00 Opposite the Day Hospital Abaisha Centre, 356 Halt Rd, ELSIES RIVER

COLOUR COLOUR CONTACT CONTACT LENSES LENSES ON Promotion

R150 I MONTH SUPPLY

per box

Tel: 021 932 0286

2 LENSES + 1 FRAME + 1 TEST

R350 00 R550 00

BIFOCALS @

3 MONTHS SUPPLY COLOUR CONTACT LENSES ON PROMOTION

R250

per box

PENSIONERS PACKAGES AVAILABLE • VALID UNTIL 31 MARCH 2012 • MOST MEDICAL AIDS ACCEPTED • LAY-BYES ACCEPTED


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.