RAVENSMEAD
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SUPERMARKET & MUSLIM BUTCHERY
Arundel Drive, Ext 19 (Self Help), Belhar (past Belhar Police Station)
Tel: 021 952 8286
The store where your money REALLY buys more
Jive 2 litre
R9,99
Trading Hours: Mon - Thurs 9 am to 7 pm • Fri 9 am to 12:30 pm /2:30 pm to 8 pm • Sat 8 am to 6 pm • Sun 9 am to 1 pm
X1TR38PD-AL260717
Woensdag, 26 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Hulle gaan soos prinsesse lyk! Die vyf matriekmeisies wat hul droomrok, grimering, vervoer en bykomstighede vir hul matriekafskeid gewen het, staan hier tussen Lumari van der Merwe (links), bemarkingskonsultant van Tygerberg 104FM, en Karien Basson (regs), aanbieder. Die matriekmeisies is (van links) Eden Nappies van die Hoërskool Florida in Ravensmead, Faith Funti van die Sekondêre Skool Stellenzicht op Stellenbosch, Charlene Botha van die Hoërskool Strand in die Strand, LeeTylerien Lindoor van die Hoërskool Excelsior in Belhar en Sherkina Achilles van die Senior Sekondêre Skool Sarepta in Kuilsrivier. Lees die matriekmeisies se storie op bl. 8.
GEMEENSKAPSMARK: UITSTALLERS UITGENOOI OM WARE TE VERKOOP
Eerste vir Cravenby AVRIL FILLIES
S
talletjiehouers van Cravenby-landgoed, Elsiesrivier, Parow en omgewing word genooi om deel te wees van die eerste gemeenskapsmark in Cravenby. “Ons soek veral uitstallers van klere en skoene, kuns en huisvlyt en kinderspeelgoed,” het Zaibunesa Arai, organiseerder van die gemeenskapsmark, gesê. Dit is die eerste keer in Cravenby-landgoed se geskiedenis dat so iets op Saterdag 26 Augustus van 12:00 tot 18:00 in die burger-
sentrum gehou sal word. Daar gaan egter nie net stalletjies wees nie. Arai het verskeie ander aktiwiteite vir die dag beplan. “Hoewel die gemeenskapsmark die hoofdoel van die dag is, het ek kenners gevra om te kom praat oor onderwerpe wat vir almal van belang is. “Ek hoop iemand sal kom demonstreer hoe om serpe op verskillende maniere te knoop of bind, informele gesprekke te voer oor belastingvraagstukke, hoe om uit jou skuldlas te kom, selfverdedigingsklasse
kom demonstreer of oor hoe om iets te bou. “Indien daar iemand is wat graag oor enige van hierdie onderwerpe wil praat, kan hulle my skakel,” het Arai gesê. Die idee vir die mark het in haar eie huis ontstaan, vertel Arai. “Aanvanklik het ek ’n klein mark in my huis in September 2016 in oorleg met Cazabella en Honey Fashion Accessories gehou. “Ek het gesien daar was baie belangstelling van die mense wat die mark in my huis besoek het. “Ek het toe in November 2016 nog ’n mark
gehou en 12 uitstallers het hul goed kom verkoop. “Tot dusver het 15 uitstallers al hul plek bespreek, maar aangesien die burgersentrum groot is, kan meer stalletjies opgerig word. Die burgersentrum is sentraal geleë. “Om daar uit te kom is maklik en daar is baie parkering – alles wat sal bydra dat die dag suksesvol sal wees,” het Arai gesê. Sy hoop om ten minste 20 stalletjies te hê en enigeen is welkom om aansoek te doen vir ’n stalletjie. V Na bladsy 2.