RAVENSMEAD
WINNER BEST
MINI-MARK
FREE NEWSPAPER IN SA
EERSTERIVIER
Old Fruit Veg Shop, Eersteriver | Tel: 021 902 0303 VALID FROM 9 AUGUST UNTIL 12 AUGUST 2017 • WHILE STOCKS LAST
• 1X7KG ONION • 1X7KG POTATOES
5000
R Woensdag, 9 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
X1TTKUGH-AL090817
TygerBurger
Die bestuur, skoonmaakspan, veiligheidsbeamptes en raadslede van die Beaconvaleverbeteringsdistrik is baie opgewonde oor hul negende verbeteringsdistrik by die bekendstelling.
BEACONVALE: STEDELIKE VERVAL EN MISDAAD KOM NOU ONDER LOEP
Area sal veilig wees AVRIL FILLIES
P
resies ’n jaar nadat die aanvanklike versoek aan die Stad Kaapstad gerig is om Beaconvale in Parowvallei as die Beaconvale-verbeteringsdistrik (BID) te registreer, is dié status op Maandag 31 Julie toegeken. Dit is Geocentric, ’n stedelike bestuur en navorsingsorganisasie, se negende verbeteringsdistrik. Die BID volg in die voetspore van naburige gebiede soos Elsiesrivier en Parow, wat
ook dieselfde status verkry het. Beaconvale is hoofsaaklik ’n nywerheidsgebied en die tuiste van ’n mengsel van nywerheidsparke, kleinhandelaars en klein nywerhede langs Connaughtweg en Jan Smutsstraat. “Die aanvanklike doel vir ’n BID was om die toenemende vlakke van stedelike verval aan te spreek,” het Sean Lavery, voorsitter van BID, gesê. “Bogenoemde twee strate is die afgelope paar jaar geteister deur misdaad wat sakelui genoop het om kragte saam te snoer om ’n langtermyn-oplossing te vind.
“Terwyl vandalisme, storting, diefstal, rommelstrooiery en ander ernstige misdade in die gebied toegeneem het, is niks gedoen om dit te verbeter of te verander nie. Ons het dit as normaal aanvaar,” het hy gesê. Derhalwe is besluit dat Beaconvale by sy bure, Elsiesrivier, Parow en die Epping-nywerheidsgebied, sal gaan kers opsteek om ook in stedelike bestuur te belê en sy eie verbeteringsdistrik te begin. “Verbeteringsdistrikte speel ’n belangrike rol in die welvaart van stedelike sentra. Die Stad kan net soveel doen met die bronne
tot hul beskikking. “Indien verbeteringsdistrikte reg bestuur word en die gemeenskap self eienaarskap daarvan neem, kan hulle verseker dat die omgewing veilig en goed onderhou word,” het Lavery gesê. Die dienste wat sedert Maandag 31 Julie deur BID ingesluit is, is die voorsiening van openbare veiligheidsbeamptes, skoonmaak van die gebied, onderhoud en verbetering van die stedelike openbare omgewing en/of infrastruktuur, en gemeenskapsdienste. V Na bladsy 2.
STEEL MERCHANTS, WHOLESALE TO THE PUBLIC Stockists of Steel Tubing, Flat Bars & Angle Irons. Wholesale to the public
338 HALT ROAD, ELSIES RIVER 021 933 1634 - 021 928 8189 - 082 490 5225 WE DELIVER ALL CREDIT CARDS ACCEPTED
TOGETHER WE STEEL THE WORLD Wendy house roof sheets available – (corrugated)
Vibe Extensions 2.4m
Square & Round Tubing available
R39 p/m galvanised
Stockists of Variety of Bits
Galvanised Carports build in 2–3 days
R45 Stockists of Inverters
Secure your home before the holidays
All Accessories also available in store!
Barbed Tape
WE DELIVER
KIT
AVAILABLE 40mm 60mm 80mm
Barbed Flat Wrap
T&C’s apply
ROLLER
•
ALL CREDIT CARDS ACCEPTED
TRADING HOURS: WEEKDAYS FROM 08H00 - 17H00 • SAT 08H0 - 14H00 • ALL PRICES INCLUDE VAT. PRICES VALID WHILE STOCKS LAST! E & OE X1TTJHAH-AL090817