TYGER VALLEY Ruff Tung Inclusive to sparkle at our Women’s Day event P. 4 Woensdag, 17 Julie 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
ALMAL WELKOM: LAASTE KANS VIR INSAE
Velodrome se toekoms bespreek AVRIL FILLIES
V
erteenwoordigers van die Stad Kaapstad se departement van vervoer en openbare werke sal die openbare vergadering aangaande die verhuring van die Velodrome, die atletiekbaan, die gebruik van die lugweg en die verkoop van die grond aan weerskante en voor die Velodrome bywoon, om die publiek se vrae te beantwoord. Dié vergadering word Donderdag 25 Julie om 19:00 by die Velodrome gehou en alle belanghebbendes word versoek om die vergadering by te woon. “Dit is die laaste keer dat die publiek ’n sê oor hierdie aangeleentheid het. Die besluit wat hierna deur die Stad geneem word, is finaal en kan nie omgekeer word nie,” het Andrea Crous, raadslid vir wyk 3, gesê. Die drie grootste gebruikers van die fasiliteit is fietsryers, atlete en leerders, en hulle het saam met verskeie ander sportklubs en sportunies die vergadering versoek omdat hulle baie vrae het oor die toekoms van sport by die Velodrome. “Die openbare deelname is ’n wetlike vereiste volgens munisipale wetgewing wat in 2008 gepromulgeer is. Hierdie regulasies vereis dat die publiek hulle insette moet lewer voor enige openbare eiendom vervreem word. Die kommentare van die publiek sal dan in aanmerking geneem word wanneer die Stad ’n besluit neem oor die betrokke eiendom,” het sy gesê. Tydens verlede maand se vergadering
is bekend gemaak dat Devmet die tender in 2009 ontvang het en dat daar na 10 jaar nog geen ontwikkeling voltooi is nie. “Inwoners, sport-organisasies, skole en ander belange groepe word versoek om asseblief die vergadering by te woon, vrae te vra om daarna ingeligte kommentaar te kan lewer. Dit sal bepaal of die besluit van die Stad volgens die behoeftes van die groter gemeenskap, van spesifiek die noordelike stadsgebiede, is.” het Crous gevra. Ten spyte van die feit dat die Velodrome en die atletiekbaan die afgelope jare slegs op korttermynbeplanning gebruik kon word, is dit nog deur 16 verskillende sportsoorte gebruik. Die skole is die meeste geraak deur hierdie korttermynreëlings en moes probeer om ander alternatiewe te soek. Sommige skole het die Groenpunt-stadion probeer, en dan met ’n vervoeruitgawe van meer as R50 000 gesit om slegs sommige van die leerders te vervoer. Die MTBS-skole het hierdie jaar probeer om die Parow-atletiekbaan te gebruik, maar hierdie fasiliteit kon glad nie die massa-leerders en ouers hanteer nie. Abdul Davids, voorsitter van die WPFietsrunie en bestuurder van die fietsrybaan van die destydse wyk 5, het gesê dat hy beslis die vergadering namens die WPFietsryunie en die Suid-Afrikaanse Fietsryunie gaan bywoon. “Vanaf dag 1 in 2009 toe daar getender is vir die verhuur en bestuur van die Velodrome, is ons, die WP-Fietsryunie, nie in die proses geken nie. V Na bladsy 3.
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
Die Bellville-velodrome en atletiekbaan.