TygerBurger Tyger Valley - 22 July 2020

Page 1

TYGER VALLEY

Woensdag, 22 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Showtime!

Mia Dippenaar (centre), a learner of Curro Independent School Durbanville, in action in the musical From Broadway to Bird Street, a world-class production by Curro Create and Wordsmith’s Theatre Factory. The filmed musical can be viewed online from 1 to 10 August. See article on page 15. PHOTO: NANETTE EVENHUIS

DURBANVILLE: HENGELAARS MEEN OTTER IS ‘LOSGELAAT’

Otterjasie, konsternasie! ESMÉ ERASMUS @erasmusesme

D

ie ongewone gesig van ’n otter in Vygeboomdam het inwoners van Durbanville én hengelaars op hol, maar om verskillende redes. Bewaringsliefhebbers is in die wolke oor otterjasie se teenwoordigheid, omdat dit onder meer dui op ’n gesonde ekosisteem by die dam. Hengelaars daarenteen meen dat die otter in die dam “losgelaat” is om hul saak te verswak om by dié dam wettig te hengel.

’n Video van die swemmende otter het net meer as ’n week gelede op sosiale media kop uitgesteek. TygerBurger kon nie bevestig of die video eg en wél by die Vygeboomdam geneem is nie, maar volgens inwoners rondom die dam is dit nie ongewoon dat ’n otter hom daar tuismaak nie. Dis vermoedelik ’n Cape Clawless Otter of sogenaamde groototter. ’n Inwoner het gesê hy het self sowat tien jaar gelede ’n otter in die Doordekraaldam in De Bron sien swem. ’n Otter is ook verlede jaar in Majik Forest gesien. Dis moontlik dat die otter by die Vyge-

boomdam uit die Kuilsrivier-rivierstelsel kom, meen inwoners. Hengelaars wat al jare lank met die Stad Kaapstad onderhandel om by alle damme te kan hengel, deel egter nie dié vreugde nie. Hengel word tans net by die Doordekraaldam toegelaat en is onwettig by alle ander damme in die area. Marais Bergh, voorsitter van die Kaapstad Varswater Hengelvereniging, het in ’n skrywe aan TygerBurger gesê hulle onderhandel al meer as ’n jaar lank met die Stad Kaapstad om binne die stadsgrense te kan

hengel. “Daar is tans nêrens in die stad enige geskikte bron beskikbaar vir ons om te hengel nie. Ons het al verskeie vergaderings met raadslede van Durbanville hieroor gehou, asook met diegene wat besig was met ’n impakstudie oor die invloed van onder meer hengel. Ons is ’n spertyd gegee van einde Junie vir terugvoering van die Stad, maar nie alleen het ons nog nie terugvoering gekry nie, ons moes tot ons skok vind iemand het ’n otter in Vygeboomdam geplaas. V Na bladsy 7


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.