TYGER VALLEY
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Electricity Cost Hurting Your Pocket ? Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
R 399 pm Tel. 0861 115 115
www.mrsola.co.za
Woensdag, 18 Oktober 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
NOW ON @ ALL branches until Sunday 22 October 2017 - While stocks last
Lucky Draws • Spin the Wheel • Many special offers !
BELLVILLE - 021 944 3330 @TygerBurger
E&OE
TygerBurger
TUINPROJEK: AL DIE ‘TIERE’ SPAN SAAM OM DIT SPESIAAL TE MAAK
S ów ord lliefde iefde v ir Só word vir o mgewing g ekweek omgewing gekweek Leerders van die drie skole is hier in die arena by die Tygervalleisentrum voordat die wenner aangekondig is.
AVRIL FILLIES
D
ie Tygervallei-sentrum is altyd betrokke by gemeenskapsprojekte en hul onlangse Tuinprojek was ’n briljante idee om kinders uit die huis te kry, want hulle is deesdae net te besig met tegnologie. Dít is hoe Laretha Blom, woordvoerder van die Tygervallei-sentrum, oor hul betrokkenheid by dié skoolprojek gesê het. “Die feit dat al die Tiere – Tygervallei-sentrum, die Hoërskool Tygerberg, Tygerberg FM en die TygerBurger – betrokke is by gemeenskapsprojekte, maak dit ekstra spesiaal en ek is baie bly dat die Tiere gewen het,” het sy laggend gesê. Die Hoërskool Tygerberg in Parow is as die wenner aangewys en het prysgeld van R50 000 van Tygervallei-sentrum ontvang. Die Hoërskole D.F. Malan en Stellenberg
was die ander skole wat deelgeneem het. “Die projek het ook verseker dat die leerders van al die skole wat deelgeneem het, in die buitelug kom, hul hande in die grond druk en ook vuilmaak – en wat is nou lekkerder as dít! Boonop kon hulle sien hoe hul plante uit die grond verrys,” het Blom gesê. “Die kompetisie het in April afgeskop en die waterkrisis wat ons tans ervaar, het my gemotiveer om ook by die skole wat aan die kompetisie deelgeneem het, betrokke te raak. “Dit was ook my manier om deur die Tuinprojek die leerders ’n bewustheid en liefde vir ons omgewing aan te kweek,” het Karina Smith, verkoopsagent van die eiendomsagentskap Property.Co.Za, wat die kompetisie saam met die Tygervallei-sentrum aangebied het, gesê. Volgens haar is die projek suksesvol op
Tuindag afgesluit, wat die afgelope Sondag 15 Oktober gevier is. “Ek het ’n groot passie vir die omgewing en aangesien ek in die eiendomsbedryf is, wou ek graag my energie op ’n positiewe manier gebruik om vir die gemeenskap tot voordeel te wees,” het Smith gesê. “Ons generasie het ’n toeskouersmentaliteit ontwikkel deur op die rusbank te sit en te kla oor die swak vertoning van die Springbokke, pleks daarvan om iets te doen wat ’n positiewe verskil maak. “Jan van Riebeeck het Kaap toe gekom om groente te plant en dit is nog steeds ons primêre funksie om te sorg dat daar kos en water is. Die klem op sportprestasies in die skole geniet dikwels die hoogste prioriteit, terwyl ons ’n waterkrisis het. Daar is soms kinders wat nie top-sportpresteerders is nie en ongelukkig is daar nie genoeg geleent-
heid in skole om hul vindingrykheid te kan toon nie,” het sy gesê. “Die skole het die kans gekry om op ’n kreatiewe manier ’n omgewingsvriendelike projek by hul skole tot stand te bring. Om in aanmerking vir die prys te kom, moes die skole aan sekere kriteria voldoen,” het Smith gesê. Die kriteria was: . Die mate waarin hulle op ’n oorspronklike manier omgewingsvriendelike resultate tot stand gebring het deur te herwin en te bespaar. . Die bydrae wat hulle tot die gemeenskap gemaak het deur bv. groente vir mense te verskaf of blomme aan bejaardes te skenk. . Of hulle hul mede-leerders daarvan bewus gemaak het om ook by die projek betrokke te raak. V Na bladsy 2.
MILLION BELLS HANGING BASKET
IN FULL BLOOM
WAS 119.95
NOW
PETUNIA 6 PACK
PELARGONIUM
WAS 19.95
NOW
12.95
www.stodels.com
WAS 59.95
NOW
19.95
WAS 49.95
NOW
21.95
44.95
OKLAHOMA ROSE
BUTTERFLY BUSH
SUTERA
MOTH ORCHID 2 STEM
WAS 49.95
WAS 139.95
21.95
44.95
NOW
NOW
WAS 179.95
NOW
119.95
Offers valid until 22 October 2017. While stocks last.
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Constantia 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 X1U12EBD-AL181017