TYGER VALLEY
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
THE GIFT THAT GROWS POINSETTIA
Electricity Cost Hurting Your Pocket ?
WAS 79.95
NOW
49.95
Save at least R 500 pm with a Solar Water Heater from only
BLACK POT COVER
WAS 94.95
R 399 pm Tel. 0861 115 115
NOW
49.95
INDOOR PLANT
www.mrsola.co.za
Offers valid until 10 December 2017. While stocks last.
X1U5N5ND-AL061217
Woensdag, 6 Desember 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
KLAGTES: VERKEERSBEAMPTE WORD ONDERSOEK
‘Pasop vir spietkop wat stop’ NIELEN DE KLERK @nielendk
D
ie Stad Kaapstad ondersoek verskeie bewerings teen ’n verkeersbeampte wat plaaslike inwoners warm onder die kraag het. “Hy is ’n boelie,” meen een woedende padgebruiker. “Hy het nou genoeg mense geterroriseer!” sê ’n ander, in ’n e-pos. Dié verkeersbeampte, Peter Groepies, werk vir die Stad Kaapstad se Metro-verkeersdepartment in Bellville. Die meeste klagtes spruit uit gebeure wat glo in Kenridge en Durbanville sou plaasgevind het. Klagtes wissel van die onregmatige afneem van selfone en oneerlikheid. Minstens drie verskillende mense wat anoniem wou bly uit vrees vir viktimisasie, het met TygerBurger oor dié beampte gepraat. Verskeie mense het ook hul woede op sosiale media teen hom uitgespreek. Een van die vroue vertel sy het helder oordag huis toe gery toe sy ’n verkeersbeampte agter haar sien. Sy kon nie dadelik aftrek nie. Die man, wat sy later as Groepies geidentifiseer het, het glo daarna sy ligte vir haar begin flikker en vir haar oor die interkom “geskreeu”. “Hy het op my begin skree omdat ek nie vroeër afgetrek het nie. Hy was ongeskik en beledigend,” beweer sy. Hy het toe glo vir haar gesê sy het oor ’n stopstraat gery en haar met R1 500 beboet. “Toe ek hom vra of hy bewyse het, het hy smalend gesê dit is my woord teen dié van ’n verkeersbeampte.” Eers toe hy weg is, het sy besef daar is geen stopstraat op die plek waar hy gesê het sy het dit onregmatig oorgesteek nie.
“Ek dink dit is deel van sy taktiek (om op mense te skree). ’n Mens kan dan nie reguit dink nie,” vertel sy. ’n Ander vrou sê sy was naby die Kenridge-sentrum toe sy sien motors word deur ’n verkeersbeampte afgetrek. Sy kon glo nie verby die motors sien nie en moes effe oor die stopstraat ry om veilig te kon aanry. Hy het haar afgetrek en toe met R1 500 beboet omdat sy nie by ’n stopstraat gestop het nie. “En toe gee hy my sommer nog ’n R500boete toe ek my humeur daaroor verloor.” Sy is daarna landdroshof toe met foto’s van die insident en die motors wat die pad versper het. Die boete is afgeskryf. Nóg iemand kla in ’n Facebook-plasing haar foon is gekonfiskeer en sy moes ’n boete van R1 165 betaal om dit terug te kry. “Ek het nie eens aan my foon geraak nie!” beweer sy. Dit is ook nie net vroue wat deurloop nie. In ’n sosiale media-inskrywing sê ’n man hý is beboet omdat hy glo deur ’n oranje lig gery het. Richard Bosman, die Kaapstad-metro se uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit, het bevestig aantygings teen Groepies is deur die Stad ontvang, maar dat dit eers “getoets” moet word. “Die Stad skryf die hoogste standaarde vir die optrede deur ons werknemers aan,” sê hy. Ná herhaaldelike oproepe na die verkeersdepartement, asook die nommer wat vir Groepies aan TygerBurger verskaf is, het Groepies op geen boodskappe gereageer nie. Bosman het bevestig addisionele formele aanklagte sal ondersoek word. Mense kan klagtes indien deur die hoof van verkeer te kontak by 021 444 3373 of by richard.coleman@capetown.gov.za.
‘Engele’ bring Kersvreugde Die Walking Angels en die Walking Elves van Brackenfell is gereed om vanjaar weer eens Kersvreugde met hul engelstemme te bring. Hul eerste optrede vind op Vrydag 8 Desember by die Ipic Kenridgewinkelsentrum in Kenridge plaas. Hulle sal vanjaar 22 optredes doen ten bate van Die BurgerKersfonds – onder meer by Ipic Kenridge en Glengarrywinkelsentrums, asook Ipic Aurora en De Villewinkelsentrums. Lees die volledige berig op bladsy 4.
THE GIFT THAT GROWS GIFT CARDS AVAILABLE ONLINE & INSTORE FUCHSIA
WAS 49.95
BONSAI GIFT PACK
NOW
19.95
SUCCULENT IN OWL POT 8CM
PLASTIC JACINTA HANGING BOWL
WAS 99.95
WAS 29.95
NOW
14.95
WAS 139.95
www.stodels.com
NOW 69.95
MOTH ORCHID 2STEM
POINSETTIA
NOW
NOW
WAS 179.95
119.95
59.95
49.95
POT COVER (AVAILABLE IN WHITE/BLUE/GREY)
BLACK POT COVER
NOW
NOW
WAS 129.95
NOW
INDOOR PLANT
WAS 79.95
INDOOR PLANT
69.95
Offers valid until 10 December 2017. While stocks last.
WAS NOW 19.95 19.95 39.95 19.95 24.95 9.95
MARGARET ROBERTS 27.95 LAVENDER STRAWBERRY 39.95 ROSEMARY TERRACOTTA POT 15CM
WAS 94.95
INDOOR PLANT
49.95
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Constantia 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 X1U5XL6M-AL061217