TygerBurger Tyger Valley 20180117

Page 1

TYGER VALLEY

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Woensdag, 17 Januarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

Janke van Dyk en haar ouers, Jan en Zenobie, is in ’n ligte luim by die premierswo­ ning, Leeuwenhof, tydens die jaarlikse gelukwensingsgeleentheid vir die topmatrieks in die Wes­Kaap. FOTO: NIELEN DE KLERK

JANKE VAN DYK: TOP­MATRIEKPRESTEERDER IN DIE LAND

‘‘Ek Ek w as v erras’ was verras’ NIELEN DE KLERK @nielendk

D

ie top-matriekpresteerder in die land het ’n besige paar dae agter die rug. Janke van Dyk (18) van Proteahoogte, Brackenfell is twee weke gelede (4 Januarie) by ’n geleentheid in Johannesburg as die topmatrikulant in die land aangewys. Daarna het sy en haar ma, Zenobie (50), en pa, Jan (53), vroegoggend teruggevlieg Kaapstad toe om haar matriekuitslae self by die Hoërskool Bellville te gaan haal. “Dit was baie spesiaal,” vertel Van Dyk oor haar terugkoms by die skool. “Ons skoolhoof (Deon du Plessis) het die uitslae gelees en die topdrie aangekondig, en toe hy my naam lees, het die ander my staande toegejuig,” vertel sy oor Vrydag 5 Desember se gebeure by haar alma mater. Die laaste van die groot gesellighede was verlede Donderdag toe sy saam met die ander topmatrieks in die provinsie by die pre-

mierswoning, Leeuwenhof, vereer is. Tussendeur en sedert al dié geleenthede word haar foon warm gebel met gelukwensings en vrae vir onderhoude. “Dit is nogal oorweldigend,” vertel sy. “Ek voel baie geëerd.” Van Dyk sê sy het nooit gedink sy sal die hoogste punte behaal van die sowat 600 000 matrieks wat vanjaar die eksamen afgelê het nie. “Dit was werklik ’n verrassing.” Sy skryf haar sukses aan harde werk toe. “Ek weet álmal sê dit en dis ’n cliché, maar dit ís wat dit verg.” Dié slimkop sê sy het veral staatgemaak op ou vraestelle. “En ’n mens moet van die begin af fokus.” Haar vakke verlede jaar was Afrikaans, Engels, wiskunde, natuurwetenskappe, lewenswetenskap, lewensoriëntering, rekeningkunde en gevorderde wiskunde, wat deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) aangebied is. “Ek hou van die wetenskappe,” vertel sy

van haar gunstelingvakke, “dus, lewenswetenskap (biologie) en fisiese wetenskap (natuur- en skeikunde), maar ek het eintlik van al my vakke gehou.” Sy gaan vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Haar pa is ’n elektroniese ingenieur en haar ma werk in die klante-bystandafdeling van Sanlam. Soos met die keuse van ’n gunstelingvak, sukkel sy ook om ’n gunstelingonderwyser of -onderwyseres by die Hoërskool Bellville uit te sonder. “Dit sal seker my Engels-onderwyseres, Denise Stassen, wees. Sy was regtig vir my ’n inspirasie. Sy is baie passievol oor haar vak.” Haar biologie-onderwyser, Johan Joubert, is ook ’n gunsteling. Van Dyk is die tweede leerder van die Hoerskool Bellville wat die eerste plek in die land behaal. Jaanri Brugman (née Koch) het in 2005 ook hierdie sonderlinge eer ontvang. Brugman is tans ’n dokter in Nelspruit. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

TygerBurger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.