Tygerburger Tyger Valley 20180124

Page 1

TYGER VALLEY

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

Woensdag, 24 Januarie 2018 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

Graad 1’s is slaggereed om te lees

Hier knus in die oulike leeshoekie van hul graad 1­klas by die Laerskool Gene Louw in Durbanville, is ’n opgewonde Annebelle Groenewald by die tweeling, Carla (links) en Danel van Rensburg, met hul boekies – reg om te leer lees! Dié skool het vanjaar vyf tweelinge in graad 1. Sien nog foto’s op bladsy 4. FOTO: ESMÉ ERASMUS

SPEELSKOOL: DEURE BLY OOP NÁ MAANDE LANGE STRYD

Klimklippies wen NIELEN DE KLERK @nielendk

D

ie Klimklippies-speelskool se deure is oop – en nou sonder enige donker wolk wat oor hulle hang. Die speelskool het as die wenner uitgetree in ’n maande lange stryd teen party bure nadat die munisipalebeplanningstribunaal alle klagte teen hulle op appèl van die hand gewys het. “Ons is dankbaar en verlig dat die proses finaal afgehandel is,” het Frik de Beer, me-

de-eienaar van die skool, gesê. “Ons (het) nooit getwyfel dat ons aansoek in alle opsigte geskik was om te slaag nie, omdat ons aan al die nodige vereistes en regulasies van die Stad Kaapstad voldoen het.” Die skool wat deur Frik en sy vrou, Marinda, in Totiusstraat bedryf word, is in 2016 voor die tribunaal gesleep. Inwoners het gemeen die skool is ’n stoornis en het ook kapsie gemaak teen die Heaven’s View-gastehuis wat die De Beer-egpaar op die perseel bedryf. Die tribunaal het egter in Julie 2016 beslis

die skool mag van die perseel bedryf word. Hierdie toestemming het voorsiening gemaak vir ’n gastehuis met drie kamers. Vier mense, asook wykraadslid Andrea Crous, het teen dié besluit appèl aangeteken. Hulle het onder meer aangevoer hulle is besorg oor die veiligheid van die kinders wat die speelskool bywoon op dieselfde perseel waar daar ’n gastehuis is. Die De Beers het hierdie probleem oorbrug deur die gastehuis aan die ander kant van die perseel te bou. V Na bladsy 2.

TygerBurger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.