TygerBurger Tyger Valley 20170809

Page 1

TYGER VALLEY

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

AUGUST DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS

Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 9 Augustus 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

HS DURBANVILLE: PRESTEER BY PAS AFGELOPE ATKV­APPLOUS­KOMPETISIE

Voor in die koor! ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

D

at Durbanville beslis spog met die meeste nagtegale in die land, is bewys by die eindronde van die pas afgelope ATKV-Applous-koorkompetisie in Pretoria. Dié kompetisie het op ’n hoë noot vir plaaslike kore geëindig toe die Hoërskool Durbanville se koor, onder leiding van Maria Rademan-Viviers, met 88,44% aangewys is as die beste meer ervare gemengde koor. Die koor was ook die algeheel tweede beste hoërskoolkoor. Die koor het ook die beste uitvoering van die voorgeskrewe werk, “Walvisnota” deur Franco Prinsloo, gelewer. Dít terwyl dit die koor se eerste deelname in dié kategorie was, en slegs sy tweede jaar van deelname aan die eindronde van die ATKV-kompetisie. Die koor het in 2016 met sy eerste deelname aan die eindronde skoonskip gemaak in die afdeling vir minder ervare kore. “Ek probeer altyd vir elke lied ’n storie uitwerk waarmee die kinders kan connect. As hulle dit in hul eie verbeelding uitleef, help dit om emosie oor te dra en kom dit mooi uit,” verduidelik sy hul sukses. Ondanks die koor se relatief min ervaring in die eindronde van die ATKV-kompetisie, het die koor onder haar leiding wel die afgelope jare sy kategorie in die Tygerberg-eisteddfod en Stellenbosch-kunswedstryd oorheers. Nog ’n plaaslike hoërskoolkoor, dié van D.F. Malan, het onder leiding van Adrian More, met 83,45% met slegs ’n halwe punt na die wenner tweede gekom in die afdeling vir Afrikaanse gemengde kore. Dit was die eerste keer in 21 jaar dat die koor na die eindronde van die ATKV-kompetisie deurgedring het.

Die Laerskool Gene Louw het vanjaar die titel as die beste meer ervare laerskoolkoor ingepalm. Hier sing hulle “Ode aan my land” van Anton Esterhuyse. FOTO: ANNEMARIE WICHMANN Die koor het ook die beste uitvoering van ’n Afrika-lied gewen. In die afdeling vir meer ervare senior laerskoolkore was die Laerskool Gene Louw vanjaar die wenner van die jaarlikse korestryd om die eerste, tweede en derde plek tussen die Durbanvillese laerskole Durbanville, Gene Louw en Eversdal.

Die Laerskool Gene Louw was ook met sy cum laude-toekenning van 90,05% een van slegs twee kore wat cum laude in alle kategorieë van die kompetisie behaal het. Die ander was die meisiekoor van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, wat as algeheel beste meer ervare hoërskoolkoor aangewys is.

Die Laerskool Gene Louw het ook die toekenning ontvang vir die beste uitvoering van die voorgeskrewe lied. Die Laerskool Durbanville was tweede met 88,43% en die Laerskool Eversdal derde met 88,08%. Eversdal is ook beloon vir sy uitvoering van ’n Afrika-lied. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Tyger Valley 20170809 by Tygerburger Newspaper - Issuu