BELLVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Venice Incliner + latch
- Fabric : Techno Nubuk
80 only
R2
999
Valid @ all branches until Sunday y 23 2 July 2017 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330 BE
Woensdag, 12 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
E&OE
TygerBurger
BOSTON: TWEE VAN VERMAAKGESIN ERNSTIG BESEER; GEMEENSKAP MAAK BEURSIES OOP
Brand verwoes huis
NIELEN DE KLERK @nielendk
D
onasies stroom in nadat ’n gesin ernstige brandskade gely het toe hul huis in Boston verlede week afgebrand het. Twee lede van die Vermaakgesin is steeds in die hospitaal nadat vlamme hul huis Donderdagaand in Boston verswelg het. Wynandt Vermaak (14), ’n graad 8-leerder aan die Hoërskool D.F. Malan en ’n belowende rugbyspeler, is tans met ernstige brandwonde in ’n geinduseerde koma in Tygerberg-hospitaal se brandeenheid. Sy ma, Lelani, is in die Louis Leipoldt-hospitaal. Sy werk as fondsinsameling- en bemarkingsbestuurder by Huis Zonnekus se senior sentrum in Milnerton. Sy het Maandag ’n operasie ondergaan. Die ander twee lede van die gesin, Morne, en sy dogter, McKenzie (5), is ongeskonde. Dit is onbekend hoe die brand ontstaan het. Ingeligtes sê die brand het in Wynandt se kamer begin en vinnig versprei. Baie van die vloere in die huis is van hout gemaak. “Die huis lyk soos iets uit Sirië – asof ’n bom ontplof het,” sê Vicki Fick van Boston Spirit se trauma- en bystandskomitee. “Daar is niks oor nie.” Fick meen dit is ’n wonderwerk dat die gesin nie nog ernstiger beserings opgedoen het nie. Intussen het gemeenskapslede ingespring om donasies vir die gesin in te samel. “Die trauma is meer as wat
hulle kan hanteer,” lui ’n inskrywing op die Boston Spirit se Facebookblad. Fick sê hulle is oorweldig deur mense wat die gesin wil help. “Daar het 170 mense my Saterdag gekontak om te vra hoe hulle die gesin kan help. Ek moes my foon vier keer herlaai.” Ander insamelings is deur verskeie vriende van die gesin gehou. “Almal het ’n goeie storie van hoe hulle deur die gesin geraak is,” meen Fick. “Hulle kan nie anders as om te help nie.” Sy sê die Vermaak-gesin is “baie dankbaar vir al die donasies en sal almal bedank wanneer hulle kan”. Organiseerders sê hulle probeer steeds soveel moontlik donasies insamel. “Ons is dankbaar vir die gespaarde lewens en vertrou dat Wynandt, ons talentvolle gr. 8-leerder, en sy moeder, Lelani, in goeie hande is in die onderskeie hospitale waar hulle behandeling ontvang,” het Sias Conradie, hoof van Hoërskool D.F. Malan gesê. “Ons as skoolgemeenskap dra julle in ons gebede op en glo dat julle volkome sal herstel.” Conradie het gesê hulle dink ook aan Robert Vermeulen, nog ’n gr. 8-leerder aan die skool, wie se huis ook vroeër in die week in Welgemoed afgebrand het (storie op bl. 7). . Belangstellendes wat die Vermaaks wil bystaan, kan navrae rig aan Vicki per e-pos na info@bostonspirit.org.za. . Geskenkbewyse kan by Vee’s Video on Boston afgelewer word.
Lelani Vermaak en haar seun, Wynandt, is ernstig beseer in ’n brand wat hul huis in Boston verswelg het.
FOTO: FACEBOOK
GENUINE KUDU AND GEMSBOK/ORYX LEATHER SOFA SALE
Showrooms:
35B Northumberland Road, Oakdale, Bellville Tel:021-9489506 • bellville@pangapanga.co.za www.pangapanga.co.za
TINGA Sofa 1.7m in Kudu Oxblood R11 900
TUGELA Sofa 2.5m in Kudu Cognac R17 900
Shop 3 & 4 Builders Warehouse Centre The Interchange, Nobel Street, Somerset West Tel:021-852 4220 • info@pangapanga.co.za www.pangapanga.co.za Offer available in Kudu Oxblood, Kudu desert brown, Kudu Cognac, Kudu rust, Gemsbok / Oryx Oxblood, Gemsbok / Oryx copper, Gemsbok / Oryx butterscotch leather
MANHATTAN Sofa 2.3m in Kudu Rust R15 500
MAXINE Sofa 1.9m in Oryx/ Gemsbok Butterscotch R13 600