DURBANVILLE
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
• Poles, Latte, Droppers • Decking, Balau etc. • Timbacore Fencing
• Wendy houses & Cabins • Railway sleeper furniture • Structural Timber etc.
Clai Cl aim m yo your ur
20% D IS CO
OUNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply
15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za
X1TM8N2D-AL140617
Woensdag, 14 Junie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
CISKA KLEIN: GEMEENSKAP MAAK HART OOP VIR VERLAMDE ‘VEGTERTJIE’
Hulp stroom nou in ESMÉ ERASMUS
@erasmusesme
D
ie lot van die 8-jarige meisietjie, wat byna drie maande gelede ’n invalide gelaat is ná sy naby haar ouerhuis op die plaas Altydgedacht buite Durbanville deur ’n motor raakgekry is, het mense só geraak en dit het so uitgekring dat hulp van oraloor uit Durbanville, Kenridge en Proteavallei en omgewing aangebied word. Franciska (Ciska) Klein is Maandag ontslaan en sy moet nou gewoond raak aan haar nuwe lewe in ’n rystoel, gekoppel aan ’n ventilator in hul klein tweevertrekhuis op die plaas Altydgedacht, waar haar pa, Marius, ’n plaaswerker is. Haar lot het die vrywilligers van die StoryBox-projek diep geraak en hulle het hulle oor die gesin ontferm. Die StoryBox-projek bied sedert 2012 ’n vroeëgeletterheidsprogram en leerondersteuning aan by die Primêre Skool The Valley, waar Ciska tot voor haar ongeluk ’n graad 2-leerder was. Sy en haar ousus, Marilize (12), is op Vrydag 19 Maart langs die Tygervalleipad deur ’n motor raakgery toe hulle daar gestap het. Sy is in ’n ernstige toestand per ambulans na die Rooikruis-kinderhospitaal geneem. Marilize het ook verskeie knie-, kop- en skouerbeserings opgedoen en is ná behandeling later die aand weer ontslaan. Ciska se nek is in die ongeluk gebreek en sy het ’n spinaalkoordbesering tussen die servikale werwels 4 en 5 opgedoen. Hoewel aanvanklik vermoed is dat sy ernstige breinskade opgedoen het en dokters haar ouers daarop voorberei het dat sy nie langer as twee dae sou leef nie, het Ciska teruggeveg. Hoewel sy gelukkig geen breinskade opgedoen het nie, is sy verlam van haar nek af en is daar te min beweging in haar diafragma dat sy self kan asemhaal. Sy is dus afhanklik van ’n ventilator vir asemhaling. Haar urine-kateter moet elke drie ure geledig word en rektale lediging moet daagliks gedoen word. Sy is die jongste van vier sussies. Haar ouers het daarop aangedring dat Ciska nie in ’n inrigting geplaas word nie, maar dat hulle haar self tuis wil versorg. V Na bladsy 3.
Die 8jarige Ciska Klein is hier vrolik saam met haar gesin in hul huis op die plaas Altydgedacht kort nadat sy tuisgekom het ná bykans drie maande in die hospitaal. By haar is haar ma, Louwtjie, en pa, Willem, en drie sussies. In die middel is (van links) Elize (11) en Christelle (10) en agter is Marilize (12), wat ook in die ongeluk beseer is. FOTO: ESMÉ ERASMUS
The best
es area are now open! Exciting kiddies
FISHING SPOT THIS WINTER
Bring this voucher in-store and receive your choice of any 1 of these featured offers to enjoy with your main meal. TINY TREATS OCEAN BASKET GLENGARRY 021 981 8948 Restaurant 2, Glengarry Shopping Centre De Bron Road, Vredekloof
CAPPUCCINO/ FILTER COFFEE
1 Voucher per 2 customers having a main meal each. Only valid at Ocean Basket Glengarry. While stocks last. Terms & Conditions apply.
CALAMARI STRIPS